Studiehulp
Assur


Assur

’n Voortydse ryk wat, met sy mededinger Babilon, oor baie van die ou state van Aram en Filistéa regeer het gedurende die meeste van die Ou Testamentiese tye. Alhoewel die Assiriërs ’n vername mag was vanaf die middel van die 12de eeu v.C. tot die einde van die 7de eeu v.C., was hulle nooit in staat om ’n stabiele politieke struktuur te ontwikkel nie. Hulle het deur vrees regeer, en hulle vyande vergruis deur vuur en die swaard of deur hulle te verswak deur groot gedeeltes van ’n bevolking te deporteer na ander dele van hulle ryk. Die mense wat onder Assiriese beheer geplaas is, het voortdurend teen dié ryk geveg (Sien 2 Kon. 18–19; 2 Kron. 32; Jes. 7:17–20; 10; 19; 37).