Studiehulp
Seun van die Mens


Seun van die Mens

’n Titel wat Jesus Christus gebruik het wanneer Hy van Homself gepraat het (Lk. 9:22; Lk. 21:36). Dit het beteken die Seun van die Man van Heiligheid. Man van Heiligheid is een van die name van God die Vader. Toe Jesus Homself die Seun van die Mens genoem het, was dit ’n ope verklaring van sy goddelike verhouding met die Vader. Hierdie titel word dikwels gevind in die Evangelies. Openbarings van die laaste dae ondersteun dié besondere betekenis en heiligheid van hierdie naam van die Saligmaker (L&V 45:39; 49:6, 22; 58:65; Moses 6:57).