Studiehulp
Baäl


Baäl

’n Manlike son-god wat hoofsaaklik in Fenisië aanbid is (1 Kon. 16:31) maar is ook op verskillende maniere aanbid: deur die Moabiete as Baäl-Peor (Núm. 25:1–3), in Sigem as Baäl-Berít (Rigt. 8:33; 9:4), in Ekron as Baäl-Sebub (2 Kon. 1:2). Baäl mag dieselfde wees as Bel van Babilon en Zeus van Griekeland. Die woord Baäl beskryf die verhouding tussen ’n heer en sy slaaf. Die gebruiklike simbool vir Baäl was ’n bul. Astárte was die godin wat algemeen aanbid was saam met Baäl.

Baäl is soms gekombineer met ’n ander naam of woord om ’n verband met Baäl aan te dui, soos ’n plek waar hy aanbid was of ’n persoon met eienskappe soos dié van Baäl. Later, omdat Baäl baie bose betekenisse begin kry het, het die woord Bóset dit vervang in daardie gekombineerde name. Bóset beteken “skande.”