Studiehulp
Rigters, Boek van


Rigters, Boek van

’n Boek in die Ou Testament. Die boek Rigters handel oor die Israeliete vanaf die dood van Josua tot die geboorte van Samuel.

Hoofstukke 1–3 is ’n inleiding tot die hele boek van Rigters. Hulle verduidelik dat omdat die Israeliete nie hul vyande uitgedryf het nie (Rigt. 1:16–35), moet die Israeliete die gevolge ly: verlies van geloof, huwelike met nie-gelowiges en afgodery. Hoofstukke 4–5 vertel van die ervarings van Debora en Barak wat Israel van die Kanaäniete verlos het. Hoofstukke 6–8 is die geloofversterkende ervarings van Gídeon, wat deur die Here geseën is om die Israeliete te verlos van die Midianiete. In hoofstukke 9–12 dien verskeie manne as rigters in Israel, gedurende die tyd wat meeste van die Israeliete in afvalligheid verkeer het en deur vreemde heersers regeer is. Hoofstukke 13–16 vertel van die opkoms en val van die laaste rigter, Simson. Die finale hoofstukke, 17–21, kan beskryf word as ’n byvoegsel wat die dieptes van Israel se sondes openbaar.