Studiehulp
Vertaal


Vertaal

Om die betekenis van ’n idee wat in een taal gegee is, net so goed in ’n ander taal uit te druk (Mosia 8:8–13; Gel. Art. 1:8). In die skrifture word daar dikwels na verwys as ’n gawe van God (Alma 9:21; L&V 8; 9:7–9). Somtyds kan dit beteken om ’n bestaande vertaling in ’n taal te verbeter of reg te stel of om ’n verlore teks te herstel (L&V 45:60–61). Joseph Smith is beveel om ’n geïnspireerde vertaling van die King James-Bybel te onderneem (L&V 42:56; 76:15).