Skrifture
Leer en Verbonde 8


Afdeling 8

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan Oliver Cowdery, te Harmony, Pennsilvanië, April 1829. In die loop van die vertaling van die Boek van Mormon het Oliver, wat voortgegaan het om te dien as skrywer, en geskryf het wat die Profeet gedikteer het, begeer om begiftig te word met die gawe van vertaling. Die Here het gehoor gegee aan sy smeking deur hierdie openbaring te gee.

1–5, Openbaring kom deur die mag van die Heilige Gees; 6–12, Kennis van die verborgenhede van God en die krag om antieke kronieke te vertaal kom deur geloof.

1 aOliver Cowdery, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou dat sowaar as die Here leef, wat jou God en jou Verlosser is, net so sekerlik sal jy ’n bkennis ontvang van watter dinge jy ook al sal cvra in geloof, met ’n eerlike hart, en glo dat jy ’n kennis sal ontvang aangaande die graverings van ou dkronieke, wat antiek is, wat daardie gedeeltes bevat van my skrifture waarvan gespreek is deur die eopenbaring van my Gees.

2 Ja, kyk, Ek sal vir jou a in jou verstand en in jou bhart deur die cHeilige Gees, wat oor jou sal kom en wat in jou hart sal woon.

3 Nou, kyk, dit is die gees van openbaring; kyk, dit is die gees waardeur Moses die kinders van Israel deur die aRooi See op droë grond gebring het.

4 Daarom, dit is jou gawe; gebruik dit, en geseënd is jy, want dit sal jou red uit die hande van jou vyande, terwyl, as dit nie so was nie, hulle jou sou doodmaak en jou siel tot vernietiging bring.

5 O, onthou hierdie awoorde, en onderhou my gebooie. Onthou, dit is jou gawe.

6 Nou, dit is nie jou enigste gawe nie; want jy het ’n ander gawe, wat die gawe is van Aäron, kyk, dit het vele dinge aan jou bekendgemaak.

7 Kyk, daar is geen ander krag, behalwe die krag van God, wat kan veroorsaak dat hierdie gawe van Aäron met jou is nie.

8 Daarom, twyfel nie, want dit is die gawe van God; en jy sal dit in jou hande hou, en wonderbaarlike werke doen; en geen krag sal dit kan wegneem uit jou hande nie, want dit is die werk van God.

9 En, daarom, wat jy ook al My sal vra om op daardie wyse vir jou te vertel, dit sal Ek aan jou gee, en jy sal kennis hê daaromtrent.

10 Onthou dat sonder ageloof kan jy niks doen nie; daarom, vra in geloof. Behandel hierdie dinge nie ligtelik nie; moenie bvra vir dit wat jy nie behoort te vra nie.

11 Vra dat jy die verborgenhede van God mag ken, en dat jy mag avertaal en kennis ontvang van al daardie antieke kronieke wat versteek is, wat heilig is; en volgens jou geloof sal dit aan jou gedoen word.

12 Kyk, dit is Ek wat dit gespreek het; en Ek is dieselfde wat met jou gespreek het van die begin af. Amen.