Skrifture
Leer en Verbonde 104


Afdeling 104

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet, te of naby Kirtland, Ohio, 23 April 1834, aangaande die United Firm [Verenigde Maatskappy] (sien die opskrifte van afdelings 78 en 82). Die geleentheid was waarskynlik dié van ’n raadsvergadering van die lede van die United Firm wat die dringende stoflike behoeftes van die Kerk bespreek het. ’n Vroeëre vergadering van die maatskappy het op 10 April besluit dat die organisasie ontbind word. Hierdie openbaring dui aan dat die maatskappy eerder geherorganiseer word; sy bates moes verdeel word onder die lede van die maatskappy as hul rentmeesterskappe. Onder Joseph Smith se leiding is die frase “Verenigde Maatskappy” later vervang met “Verenigde Orde” in die openbaring.

1–10, Heiliges wat oortree teen die verenigde orde sal vervloek word; 11–16, Die Here voorsien vir sy Heiliges op sy eie wyse; 17–18, Evangeliese wet beheer die versorging van die armes; 19–46, Die rentmeesterskappe en seëninge van die onderskeie broers word aangedui; 47–53, Die verenigde orde in Kirtland en die orde in Sion moet afsonderlik funksioneer; 54–66, Die heilige tesourie van die Here word opgestel vir die druk van die skrifture; 67–77, Die algemene tesourie van die verenigde orde moet funksioneer op die basis van algemene instemming; 78–86, Diegene in die verenigde orde moet al hulle skuld betaal, en die Here sal hulle verlos van finansiële gebondenheid.

1 Voorwaar Ek sê vir julle, my vriende, Ek gee aan julle raad, en ’n gebod, aangaande al die besittings wat aan die orde behoort wat Ek gebied het om georganiseer en gevestig te word, om ’n averenigde orde te wees, en ’n ewigdurende orde tot die voordeel van my kerk, en vir die behoud van die mense tot Ek kom—

2 Met ’n belofte onbeweeglik en onveranderlik, in soverre diegene wat Ek gebied het getrou was, sal hulle geseën word met ’n menigvuldigheid van seëninge;

3 Maar in soverre hulle nie getrou was nie, was hulle na aan vervloeking.

4 Daarom, in soverre sommige van my diensknegte nie die gebod onderhou het nie, maar die verbond verbreek het deur ahebsug, en met geveinsde woorde, het Ek hulle vervloek met ’n baie groot en ’n ernstige vloek.

5 Want Ek, die Here, het besluit in my hart, dat in soverre enige mens wat behoort aan die orde as ’n oortreder bevind word, of, met ander woorde, die verbond sal verbreek waarmee julle gebind is, sal hy vervloek word in sy lewe, en sal vertrap word deur wie Ek wil;

6 Want Ek, die Here, sal nie abespot word in hierdie dinge nie—

7 En dit alles sodat die onskuldiges onder julle nie veroordeel mag word saam met die onregverdiges nie; en sodat die skuldiges onder julle nie mag ontvlug nie; want Ek, die Here het aan julle ’n akroon van heerlikheid aan my regterhand belowe.

8 Daarom, in soverre julle oortreders bevind word, kan julle nie my toorn ontvlug in julle lewens nie.

9 In soverre julle aafgesny is vanweë oortreding, kan julle nie die bteisterings van cSatan ontvlug tot die dag van verlossing nie.

10 En nou gee Ek aan julle mag vanaf hierdie uur, dat indien enigeen onder julle, van die orde, ’n oortreder bevind word en nie bekeer van die kwade nie, dat julle hom sal oorgee aan die teisterings van Satan; en hy sal nie mag hê om kwaad oor julle te abring nie.

11 Dit is wysheid in My; daarom gee Ek ’n gebod aan julle, dat julle julleself sal organiseer en elkeen sy arentmeesterskap toewys;

12 Sodat elkeen rekenskap mag gee van die rentmeesterskap wat aan hom toegewys is.

13 Want dit is raadsaam dat Ek, die Here, elkeen averantwoordelik moes maak, as ’n brentmeester oor aardse seëninge, wat Ek geskape en voorberei het vir my skepsels.

14 Ek, die Here, het die hemele uitgesprei, en die aarde agebou, my eie bhandewerk; en alle dinge daarin is myne.

15 En dit is my doel om te voorsien vir my heiliges, want alle dinge is myne.

16 Maar dit moet noodwendig gedoen word op my eie awyse; en kyk dit is die wyse waarop Ek, die Here, beveel het om voorsiening te maak vir my heiliges, sodat die barmes verhef sal word, deur die rykes te verlaag.

17 Want die aaarde is vol, en daar is genoeg en oorvloed; ja, Ek het alle dinge voorberei, en het aan die kinders van mense gegee om vir hulleself te bhandel.

18 Daarom, indien enigeen van die aoorvloed wat Ek gemaak het neem, en nie sy deel gee nie, volgens die bwet van my evangelie, aan die carmes en die behoeftiges, sal hy, met die bose, sy oë ophef in die dhel, en in pyniging verkeer.

19 En nou, voorwaar, Ek sê vir julle, aangaande die besittings van die aorde

20 Laat aan my dienskneg Sidney Rigdon die plek waar hy nou woon, toegewys word, en die perseel vir die looiery vir sy rentmeesterskap, vir sy onderhoud terwyl hy arbei in my wingerd, net soos Ek wil, wanneer Ek hom sal gebied.

21 En laat alle dinge gedoen word ooreenkomstig die raad van die orde, en verenigde instemming of stem van die orde, wat in die land Kirtland woon.

22 En hierdie rentmeesterskap en seëning, ken Ek, die Here, toe op my dienskneg Sidney Rigdon vir ’n seëning op hom, en sy saad na hom;

23 En Ek sal seëninge op hom vermenigvuldig, in soverre hy nederig sal wees voor My.

24 En verder, laat aan my dienskneg Martin Harris toegewys word, vir sy rentmeesterskap, die perseel wat my dienskneg John Johnson verkry het in ruil vir sy vorige erfenis, vir hom en sy saad na hom;

25 En in soverre hy getrou is, sal Ek seëninge vermenigvuldig op hom en sy saad na hom.

26 En laat my dienskneg Martin Harris sy geld skenk vir die verkondiging van my woorde, soos my dienskneg Joseph Smith, Jr., sal aandui.

27 En verder, laat my dienskneg Frederick G. Williams die plek kry waarop hy nou woon.

28 En laat my dienskneg Oliver Cowdery die perseel kry wat aan die huis grens, wat behou moet word vir die drukkery, wat perseel nommer een is, en ook die perseel waarop sy vader woon.

29 En laat my diensknegte Frederick G. Williams en Oliver Cowdery die drukkery kry en alle dinge wat daartoe behoort.

30 En dit sal hulle rentmeesterskap wees wat aan hulle toegewys sal word.

31 En in soverre hulle getrou is, kyk, Ek sal seën, en seëninge vermenigvuldig op hulle.

32 En dit is die begin van die rentmeesterskap wat Ek aan hulle toegewys het, vir hulle en hulle saad na hulle.

33 En, in soverre hulle getrou is, sal Ek seëninge vermenigvuldig op hulle en hulle saad na hulle, en wel ’n menigvuldigheid van seëninge.

34 En verder, laat my dienskneg John Johnson die huis kry waarin hy woon, en die erfenis, alles behalwe die grond wat opsy gesit is vir die abou van my huise, wat deel is van daardie erfenis, en daardie persele wat benoem is vir my dienskneg Oliver Cowdery.

35 En in soverre hy getrou is, sal Ek seëninge op hom vermenigvuldig.

36 En dit is my wil dat hy die persele moet verkoop wat uitgelê is vir die opbou van die stad van my heiliges, in soverre dit aan hom bekendgemaak sal word deur die astem van die Gees, en ooreenkomstig die raad van die orde, en deur die stem van die orde.

37 En dit is die begin van die rentmeesterskap wat Ek aan hom toegewys het, vir ’n seëning vir hom en sy saad na hom.

38 En in soverre hy getrou is, sal Ek ’n menigvuldigheid van seëninge vermenigvuldig op hom.

39 En verder, laat aan my dienskneg aNewel K. Whitney die huise en perseel toegewys word waar hy nou woon, en die perseel en gebou waarop die handelshuis staan, en ook die perseel wat op die hoek is suid van die handelshuis, en ook die perseel waarop die potasfabriek geleë is.

40 En dit alles het Ek toegewys aan my dienskneg Newel K. Whitney vir sy rentmeesterskap, vir ’n seëning vir hom en sy saad na hom, tot die voordeel van die handelshuis van my orde wat Ek gevestig het vir my pen in die land Kirtland.

41 Ja, voorwaar, dit is die rentmeesterskap wat Ek toegewys het aan my dienskneg N.K. Whitney, en wel hierdie hele handelshuis, hom en sy aagent, en sy saad na hom.

42 En in soverre hy getrou is in die onderhouding van my gebooie, wat Ek aan hom gegee het, sal Ek seëninge op hom vermenigvuldig, op hom en sy saad na hom, en wel ’n menigvuldigheid van seëninge.

43 En verder, laat aan my dienskneg Joseph Smith, Jr., die perseel toegewys word wat uitgelê is vir die bou van my huis, wat veertig roedes lank is en twaalf wyd, en ook die erfenis waarop sy vader nou woon;

44 En dit is die begin van die rentmeesterskap wat Ek aan hom toegewys het, vir ’n seëning vir hom, en vir sy vader.

45 Want kyk, Ek het ’n erfenis vir sy avader opsy gesit, vir sy onderhoud; daarom sal hy ingereken word in die huis van my dienskneg Joseph Smith, Jr.

46 En Ek sal seëninge vermenigvuldig op die huis van my dienskneg Joseph Smith, Jr., in soverre hy getrou is, en wel ’n menigvuldigheid van seëninge.

47 En nou, ’n gebod gee Ek aan julle betreffende Sion, dat julle nie langer gebonde sal wees as ’n verenigde orde aan julle broers van Sion nie, behalwe op hierdie wyse—

48 Nadat julle georganiseer is, sal julle die Verenigde Orde van die aPen van Sion genoem word, die Stad Kirtland. En julle broers, nadat hulle georganiseer is, sal die Verenigde Orde van die Stad Sion genoem word.

49 En hulle sal georganiseer word onder hulle eie name, en onder hulle eie naam; en hulle sal hul sake doen onder hulle eie naam, en in hulle eie name;

50 En julle sal julle sake doen onder julle eie naam, en onder julle eie name.

51 En dit het Ek gebied om gedoen te word vir julle behoud, en ook vir hulle behoud, as gevolg daarvan dat hulle auitgedryf is en dit wat sal kom.

52 Aangesien die averbonde verbreek is deur oortreding, deur bhebsug en geveinsde woorde—

53 Daarom, julle word ontbind as ’n verenigde orde met julle broers, sodat julle slegs gebonde is aan hulle tot hierdie uur, slegs op hierdie wyse, soos Ek gesê het, deur ’n lening soos ooreengekom sal word deur hierdie orde in raadsitting, soos julle omstandighede sal toelaat en die stem van die raad sal aandui.

54 En verder, ’n gebod gee Ek aan julle betreffende julle rentmeesterskap wat Ek aan julle toegewys het.

55 Kyk, al hierdie besittings is myne, of anders is julle geloof tevergeefs, en julle word huigelaars bevind, en die verbonde wat julle met My aangegaan het, is verbreek;

56 En indien die besittings myne is, dan is julle arentmeesters; andersins is julle nie rentmeesters nie.

57 Maar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek het julle aangestel om rentmeesters te wees oor my huis, en wel rentmeesters inderdaad.

58 En vir hierdie doel het Ek julle gebied om julleself te organiseer, naamlik om amy woorde te druk, die volheid van my skrifture, die openbarings wat Ek aan julle gegee het, en wat Ek hierna, van tyd tot tyd aan julle sal gee—

59 Vir die doel om my kerk en koninkryk op die aarde op te bou, en om my volk voor te berei vir die atyd wanneer Ek met hulle sal bwoon, wat op hande is.

60 En julle sal vir julleself ’n plek vir die tesourie voorberei, en dit toewy tot my Naam.

61 En julle sal een onder julle aanstel om die tesourie te bestuur, en hy sal geordineer word tot hierdie seëning.

62 En daar sal ’n seël op die tesourie wees, en al die heilige dinge sal in die tesourie oorgelewer word; en niemand onder julle sal dit sy eie noem nie, of enige deel daarvan nie, want dit sal aan julle almal saam behoort.

63 En Ek gee dit aan julle vanaf hierdie uur; en nou sien toe dat julle gaan en gebruikmaak van die rentmeesterskap wat Ek toegeken het aan julle, behalwe die heilige dinge, vir die doel om hierdie heilige dinge te druk soos Ek gesê het.

64 En die awinste van die heilige dinge moet in die tesourie gehou word, en ’n seël sal daarop wees; en dit sal nie gebruik of uit die tesourie geneem word deur enigeen nie, nóg sal die seël gebreek word wat daarop geplaas sal word, slegs deur die stem van die orde, of deur gebod.

65 En so sal julle die winste van die heilige dinge in die tesourie bewaar, vir heilige en gewyde doeleindes.

66 En dit sal die heilige tesourie van die Here genoem word; en ’n seël sal daarop gehou word sodat dit heilig mag wees en toegewy word aan die Here.

67 En weer, daar sal ’n ander tesourie voorberei word, en ’n tesourier aangestel word om die tesourie te bestuur, en ’n seël sal daarop geplaas word.

68 En alle geld wat julle ontvang in julle rentmeesterskappe, deur die verbetering van die besittings wat Ek aan julle toegewys het, in huise, of in grond, of in vee, of in alle dinge behalwe die heilige en gewyde geskrifte, wat Ek vir Myself afgesonder het vir heilige en gewyde doeleindes, sal in die tesourie gewerp word so vinnig as wat julle die geld ontvang, in honderd, of in vyftig, of in twintig, of in tien, of in vyf.

69 Of met ander woorde, indien enigeen onder julle vyf dollar verkry, laat hy dit in die tesourie werp; of as hy tien verkry, of twintig, of vyftig, of ’n honderd, laat hom ook so doen;

70 En moenie dat enige onder julle sê dat dit sy eie is nie, want dit sal nie syne genoem word nie, nóg enige deel daarvan.

71 En geen deel daarvan sal gebruik word, of uit die tesourie geneem word nie, slegs deur die stem en algemene instemming van die orde.

72 En dit sal die stem en algemene instemming van die orde wees—dat enigeen onder julle vir die tesourier sê: Ek het dit nodig om my te help in my rentmeesterskap—

73 Indien dit vyf dollar is, of indien dit tien dollar is, of twintig, of vyftig, of ’n honderd, sal die tesourier aan hom die bedrag gee wat hy benodig om hom te help in sy rentmeesterskap—

74 Tot hy bevind word as oortreder, en dit word duidelik geopenbaar deur die raad van die orde dat hy ’n ontroue en aonverstandige rentmeester is.

75 Maar solank as wat hy in volle deelgenootskap is, en getrou is en verstandig in sy rentmeesterskap, sal dit sy teken wees vir die tesourier dat die tesourier nie sal terughou nie.

76 Maar in die geval van oortreding, sal die tesourier onderworpe wees aan die raad en die stem van die orde.

77 En in die geval dat ’n tesourier ’n ontroue en onverstandige rentmeester bevind word, sal hy onderworpe wees aan die raad en stem van die orde, en hy sal vanuit sy plek verwyder word, en a’n ander sal in sy plek aangestel word.

78 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, betreffende julle skuld—kyk, dit is my wil dat julle al julle askuld sal bbetaal.

79 En dit is my wil dat julle julself sal averootmoedig voor My, en hierdie seëning verkry deur julle bywer en nederigheid en die gebed van geloof.

80 En in soverre julle ywerig en nederig is, en die agebed van geloof beoefen, kyk, Ek sal die harte versag van diegene by wie julle in die skuld is, totdat Ek die middele vir julle stuur vir julle bevryding.

81 Daarom, skryf spoediglik aan New York en skryf volgens dit wat deur my aGees gegee sal word; en Ek sal die harte versag van diegene by wie julle in die skuld is, dat dit weggeneem sal word uit hulle gedagtes om verdrukking oor julle te bring.

82 En in soverre julle anederig en getrou is en my Naam aanroep, kyk, Ek sal julle die boorwinning gee.

83 Ek gee aan julle ’n belofte, dat julle hierdie een keer verlos sal word uit julle gebondenheid.

84 In soverre julle ’n geleentheid verkry om geld te leen in honderde, of duisende, en wel tot julle genoeg sal leen om julle te verlos van gebondenheid, is dit julle voorreg.

85 En verpand die besittings wat Ek in julle hande geplaas het, hier een keer, deur julle name te verskaf deur algemene instemming of andersins, soos julle dit goeddink.

86 Ek gee aan julle hierdie voorreg, hierdie een keer; en kyk, as julle voortgaan om die dinge te doen wat Ek voor julle gelê het, volgens my gebooie, al hierdie dinge is myne, en julle is my rentmeesters, en die meester sal nie toelaat dat sy huis opgebreek word nie. Dit is so. Amen.