Skrifture
Leer en Verbonde 115


Afdeling 115

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Far West, Missouri, 26 April 1838, wat die wil van God bekendmaak aangaande die opbou van daardie plek en van die Here se huis. Hierdie openbaring is gerig aan die presiderende beamptes en die lede van die Kerk.

1–4, Die Here noem sy kerk Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae; 5–6, Sion en haar penne is plekke van beskerming en skuiling vir die Heiliges; 7–16, Die Heiliges word gebied om ’n huis vir die Here te bou te Far West; 17–19, Joseph Smith hou die sleutels van die koninkryk van God op die aarde.

1 Voorwaar so sê die Here aan jou, my dienskneg aJoseph Smith, Jr., en ook my dienskneg bSidney Rigdon, en ook my dienskneg cHyrum Smith, en julle raadgewers wat aangestel is en sal word hierna;

2 En ook aan jou, my dienskneg aEdward Partridge, en sy raadgewers;

3 En ook aan my getroue diensknegte wat van die hoëraad van my kerk in Sion is, want so sal dit genoem word, en aan al die ouderlinge en volk van my Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, oraloor verstrooi oor die hele wêreld;

4 Want so sal my akerk genoem word in die laaste dae, naamlik bDie Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae.

5 Voorwaar Ek sê vir julle almal: aStaan op en straal uit, sodat julle lig ’n bvaandel mag wees vir die nasies;

6 En dat die aversameling op die land bSion, en in haar cpenne, mag wees vir ’n beskerming, en vir ’n dskuiling teen die storm, en teen toorn wanneer dit onvermengd euitgestort sal word op die hele aarde.

7 Laat die stad, Far West, ’n aheilige en toegewyde land wees vir My; en dit sal allerheiligs genoem word, want die grond waarop julle staan, is heilig.

8 Daarom, Ek gebied julle om ’n huis vir My te abou, vir die versameling van my heiliges, sodat hulle My mag baanbid.

9 En laat daar ’n begin wees met hierdie werk, en ’n fondament, en ’n voorbereidende werk, hierdie eerskomende somer;

10 En laat die begin gemaak word op die vierde dag van aanstaande Julie, en laat my volk vanaf daardie tyd ywerig werk om ’n huis vir my Naam te bou;

11 En aeen jaar vanaf hierdie dag, laat hulle weer begin om die fondament van my bhuis te lê.

12 Dus, laat hulle vanaf daardie tyd ywerig werk totdat dit voltooi sal wees, van die hoeksteen tot die bopunt, totdat daar niks oorbly wat nie voltooi is nie.

13 Voorwaar, Ek sê vir julle, moenie my dienskneg Joseph, nóg my dienskneg Sidney, nóg my dienskneg Hyrum, meer skuld laat aangaan vir die bou van ’n huis vir my Naam nie;

14 Maar laat ’n huis gebou word vir my Naam volgens die apatroon wat Ek aan hulle sal toon.

15 En indien my volk dit nie bou volgens die patroon wat Ek aan hulle presidensie sal toon nie, sal Ek dit nie van hulle hande aanneem nie.

16 Maar indien my volk dit bou ooreenkomstig die patroon wat Ek aan hulle presidensie sal toon, naamlik my dienskneg Joseph en sy raadgewers, dan sal Ek dit aanneem van die hande van my volk.

17 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, dit is my wil dat die stad Far West spoediglik opgebou word deur die versameling van my heiliges;

18 En ook dat ander plekke aangedui sal word vir apenne in die streke rondomheen, soos hulle aan my dienskneg Joseph bekendgemaak sal word, van tyd tot tyd.

19 Want kyk, Ek sal met hom wees, en Ek sal hom voor die volk heilig; want aan hom het Ek die asleutels van hierdie koninkryk en bediening gegee. Dit is so. Amen.