Skrifture
Leer en Verbonde 12


Afdeling 12

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan Joseph Knight Snr., te Harmony, Pennsilvanië, Mei 1829. Joseph Knight het die verklarings van Joseph Smith geglo aangaande sy besit van die Boek van Mormon plate en die vertaalwerk wat toe aan die gang was en het verskeie kere materiële hulp aan Joseph Smith en sy skrywer gegee, wat hulle in staat gestel het om die vertaalwerk voort te sit. Op Joseph Knight se versoek het die Profeet navraag gedoen by die Here en hierdie openbaring ontvang.

1–6, Arbeiders in die wingerd sal heil verkry; 7–9, Almal wat begerig en geskik is mag help in die Here se werk.

1 a’n Groot en wonderbaarlike werk is aan die kom onder die kinders van mense.

2 Kyk, Ek is God; gee gehoor aan my woord, wat lewend en kragtig is, skerper as ’n tweesnydende swaard, om vanmekaar te skei beide gewrigte en murg; daarom gee gehoor aan my woord.

3 Kyk, die veld is wit, gereed vir die oes; daarom, wie ook al begeer om te oes, laat hom sy sekel insteek met sy mag, en oes terwyl die dag duur, dat hy mag opgaar vir sy siel ewigdurende heil in die koninkryk van God.

4 Ja, wie ook al sy sekel wil insteek en oes, hy word geroep deur God.

5 Daarom, as julle My vra, sal julle ontvang; as julle klop sal dit vir julle oopgemaak word.

6 Nou, omdat jy gevra het, kyk, Ek sê vir jou, onderhou my gebooie, en soek om die saak van Sion voort te bring en te vestig.

7 Kyk, Ek spreek tot jou, en ook met al diegene wat begeertes het om hierdie werk te voorskyn te bring en te vestig;

8 En niemand kan behulpsaam wees in hierdie werk nie, tensy hy anederig sal wees en vol bliefde, en cgeloof het, dhoop en enaasteliefde, en matig is in alle dinge, wat ook al toevertrou sal word aan sy sorg.

9 Kyk, Ek is die lig en die lewe van die wêreld, wat hierdie woorde spreek, daarom gee gehoor met jou mag, en dan is jy geroep. Amen.