Skrifture
Leer en Verbonde 78


Afdeling 78

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet te Kirtland, Ohio, 1 Maart 1832. Op daardie dag het die Profeet en ander leiers byeengekom om Kerksake te bespreek. Hierdie openbaring het oorspronklik die Profeet, Sidney Rigdon, en Newel K. Whitney beveel om na Missouri te reis en die Kerk se handels- en drukkerybelange te organiseer deur ’n “maatskappy” te stig wat sou toesig hou oor hierdie pogings, om fondse te genereer vir die vestiging van Sion en tot die voordeel van die armes. Hierdie maatskappy, bekend as die United Firm [Verenigde Maatskappy], is in April 1832 georganiseer en ontbind in 1834 (sien afdeling 82). ’n Tydperk na die ontbinding daarvan, onder die leiding van Joseph Smith, het die frase “die sake van die voorraadskuur vir die armes” die “handels- en drukkery belange” vervang in dié openbaring, en die woord “orde” het die woord “maatskappy” vervang.

1–4, Die Heiliges moet ’n voorraadskuur organiseer en vestig; 5–12, Die verstandige gebruik van hulle besittings sal lei tot heil; 13–14, Die Kerk moet onafhanklik wees van aardse magte; 15–16, Mígael (Adam) dien onder die leiding van die Heilige Een (Christus); 17–22, Geseënd is die getroues, want hulle sal alle dinge beërwe.

1 Die Here het tot Joseph Smith, Jr., gespreek en gesê: Slaan ag op My, sê die Here julle God, julle wat geordineer is tot die ahoëpriesterskap van my kerk, wat julleself byeen versamel het;

2 En luister na die araad van Hom wat julle van omhoog bgeordineer het, wat die woorde van wysheid in jul ore sal spreek, sodat heil tot julle mag wees in daardie ding wat julle voor My gebring het, sê die Here God.

3 Want voorwaar Ek sê vir julle, dat die tyd gekom het, en nou op hande is; en kyk, en sien, dit is noodwendig dat daar ’n aorganisasie moet wees vir my volk, vir die beheer en vestiging van ’n bvoorraadskuur vir die carmes van my volk, beide in hierdie plek en in die land dSion

4 Vir die permanente en ewigdurende vestiging en orde vir my kerk, om die saak te bevorder, wat julle aangeneem het, vir die heil van die mens, en vir die heerlikheid van julle Vader wat in die hemel is;

5 Dat julle agelyk mag wees in die verbintenisse van hemelse dinge, ja en ook in aardse dinge, vir die verkryging van hemelse dinge.

6 Want as julle nie gelyk is in aardse dinge nie, kan julle nie gelyk wees in die verkryging van hemelse dinge nie;

7 Want as julle wil dat Ek aan julle ’n plek gee in die aselestiale wêreld, moet julle julself bvoorberei deur dié dinge te cdoen wat Ek julle gebied het en vereis het van julle.

8 En nou, voorwaar so sê die Here, dit is raadsaam dat alle dinge gedoen word tot my aheerlikheid, deur julle wat saamgebind is in hierdie borde;

9 Of, met ander woorde, laat my dienskneg Newel K. Whitney en my dienskneg Joseph Smith, Jr., en my dienskneg Sidney Rigdon in raadpleging sit met die heiliges wat in Sion is;

10 Anders soek aSatan om hulle harte weg te draai van die waarheid, dat hulle verblind word en nie die dinge verstaan wat vir hulle voorberei is nie.

11 Daarom, ’n gebod gee Ek aan julle, om julleself voor te berei en te organiseer deur ’n verbintenis of ’n ewigdurende averbond wat nie verbreek kan word nie.

12 En hy wat dit verbreek sal sy amp en plek in die kerk kwyt wees, en sal oorgelewer word aan die ateisterings van Satan tot die dag van verlossing.

13 Kyk, dit is die voorbereiding waarmee Ek julle voorberei, en die fondament, en die voorbeeld wat Ek aan julle gee, waardeur julle die gebooie wat aan julle gegee word mag uitvoer;

14 Sodat deur my voorsienigheid, nieteenstaande die abeproewing wat op julle sal neerdaal, sodat die kerk onafhanklik mag staan bo alle ander skepsels onder die selestiale wêreld;

15 Sodat julle mag opkom na die akroon wat voorberei word vir julle, en bheersers gemaak word oor vele koninkryke, sê die Here God, die Heilige Een van Sion, wat die fondamente van cAdam-ondi-Ahman gevestig het;

16 Wat aMígael aangestel het as julle prins, en sy voete gevestig het, en hom omhoog gestel het, en aan hom die sleutels van heil gegee het onder die raadgewing en leiding van die Heilige Een, wat sonder begin van dae of einde van lewe is.

17 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, julle is klein kindertjies, en julle het nog nie begryp watter groot seëninge die Vader in sy hande het en voorberei het vir julle nie;

18 En julle kan nie alle dinge nou averdra nie; nietemin, wees blymoedig, want Ek sal julle bvoortlei. Die koninkryk behoort aan julle en die seëninge daarvan behoort aan julle, en die rykdomme van die cewigheid behoort aan julle.

19 En hy wat alle dinge met adankbaarheid ontvang sal verheerlik word; en die dinge van hierdie aarde sal aan hom toegevoeg word, ja selfs ’n bhonderdvoudig, ja, meer.

20 Daarom, doen die dinge wat Ek julle gebied het, sê julle Verlosser, naamlik die Seun aAhman, wat alle dinge voorberei voordat Hy julle bneem;

21 Want julle is die akerk van die Eersgeborene, en Hy sal julle bopneem in ’n wolk, en elkeen sy deel toeken.

22 En hy wat ’n getroue en ’n averstandige brentmeester is, sal calle dinge beërwe. Amen.