Skrifture
Leer en Verbonde 111


Afdeling 111

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Salem, Massachusetts, 6 Augustus 1836. Op hierdie tydstip was die leiers van die Kerk diep in die skuld as gevolg van hulle arbeid in die bediening. Omdat hulle gehoor het dat ’n groot som geld beskikbaar sou wees aan hulle in Salem, het die Profeet, Sidney Rigdon, Hyrum Smith, en Oliver Cowdery daarheen gereis vanaf Kirtland, Ohio, om hierdie bewering te ondersoek, asook om die evangelie te predik. Die broers het verskeie kerksake afgehandel en ook ’n bietjie gepreek. Toe dit duidelik word dat geen geld beskikbaar sou wees nie, het hulle na Kirtland teruggekeer. Verskeie van die belangrike agtergrondsfaktore word weerspieël in die bewoording van hierdie openbaring.

1–5, Die Here sien om na die stoflike behoeftes van sy diensknegte; 6–11, Hy sal barmhartiglik handel met Sion en alle dinge reël vir die beswil van sy diensknegte.

1 Ek, die Here julle God, is nie ontevrede met die onderneem van hierdie reis nie, nieteenstaande julle dwaashede.

2 Ek het vele skatte in hierdie stad vir julle, tot die voordeel van Sion, en vele mense in hierdie stad, wat Ek sal versamel op die bepaalde tyd tot die voordeel van Sion, deur middel van julle.

3 Daarom, dit is raadsaam dat julle kennis maak met mense in hierdie stad, soos julle gelei sal word, en soos dit julle gegee sal word.

4 En dit sal geskied dat op die bepaalde tyd wat Ek hierdie stad in julle hande sal gee, dat julle mag daaroor sal hê, in soverre hulle nie julle geheime planne sal ontdek nie; en sy rykdomme betreffende goud en silwer sal julle s’n wees.

5 Bekommer julle nie oor julle askuld nie, want Ek sal julle mag gee om dit te betaal.

6 Bekommer julle nie oor Sion nie, want Ek sal barmhartiglik met haar handel.

7 Vertoef in hierdie plek, en in die streke rondomheen;

8 En die plek waar dit my wil is dat julle moet vertoef, hoofsaaklik, sal vir julle aangedui word deur die avrede en mag van my Gees, wat na julle sal vloei.

9 Hierdie plek mag julle verkry deur te huur. En doen ywerig navraag aangaande die meer antieke inwoners en stigters van hierdie stad;

10 Want daar is meer skatte as een vir julle in hierdie stad.

11 Daarom, wees so alistig soos slange en tog sonder sonde; en Ek sal alle dinge reël vir julle bbeswil, so gou as wat julle hulle kan ontvang. Amen.