Skrifture
Leer en Verbonde 51


Afdeling 51

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Thompson, Ohio, 20 Mei 1831. Op hierdie tydstip het die heiliges wat migreer het van die oostelike state begin om aan te kom in Ohio, en dit het noodsaaklik geword om vaste reëlings te tref vir hul vestiging. Aangesien hierdie onderneming spesifiek onder die biskop se amp geressorteer het, het Biskop Edward Partridge inligting gesoek aangaande die saak en die Profeet het by die Here navraag gedoen.

1–8, Edward Partridge word aangestel om die rentmeesterskappe en besittings te bestuur; 9–12, Die Heiliges moet eerlik handel en ewe veel ontvang; 13–15, Hulle moet ’n biskop se voorraadskuur hê en moet besittings organiseer volgens die Here se wet; 16–20, Ohio sal ’n tydelike versamelplek wees.

1 Slaan ag op My, sê die Here jou God, en Ek sal spreek tot my dienskneg aEdward Partridge, en aan hom inligting gee, want dit is noodwendig dat hy inligting ontvang oor hoe om hierdie volk te organiseer.

2 Want dit moet noodwendig wees dat hulle georganiseer word volgens my awette; of anders sal hulle afgesny word.

3 Daarom, laat my dienskneg Edward Partridge, en diegene wat hy gekies het, in wie Ek ’n welbehae het, aan hierdie volk hul deel toewys, elkeen aewe veel volgens sy familie, volgens sy omstandighede en sy bbehoeftes en node.

4 En laat my dienskneg Edward Partridge, wanneer hy ’n man sy gedeelte toewys, aan hom ’n skrywe gee wat aan hom sy gedeelte sal verseker, dat hy dit sal behou, naamlik hierdie reg en hierdie erfenis in die kerk, totdat hy oortree en nie waardig geag word deur die stem van die kerk, volgens die wette en averbonde van die kerk, om aan die kerk te behoort nie.

5 En indien hy sal oortree en nie waardig geag word om aan die kerk te behoort nie, sal hy nie mag hê om daardie gedeelte wat hy toegewy het aan die biskop vir die armes en die behoeftiges van my kerk, op te eis nie; daarom sal hy nie die gawe behou nie, maar sal slegs aanspraak hê op daardie gedeelte wat aan hom deur akte oorgedra is.

6 En so sal alle dinge seker gemaak word, avolgens die bwette van die land.

7 En laat dit wat aan hierdie volk behoort, toegewys word aan hierdie volk.

8 En die ageld wat oorbly vir hierdie volk—laat daar ’n agent aangestel word vir hierdie volk, om die bgeld te neem om voedsel en kleding te verskaf, volgens die behoeftes van hierdie volk.

9 En laat elke mens aeerlik handel; en gelyk wees onder hierdie volk, en ewe veel ontvang, sodat julle een bmag wees, net soos Ek julle gebied het.

10 En laat dit wat behoort aan hierdie volk nie geneem word en gegee word aan dié van ’n aander kerk nie.

11 Daarom, as ’n ander kerk geld wil ontvang van hierdie kerk, laat hulle weer terugbetaal aan hierdie kerk soos hulle sal ooreenkom;

12 En dit sal gedoen word deur die biskop of die agent wat aangestel sal word deur die astem van die kerk.

13 En verder, laat die biskop ’n avoorraadskuur oprig vir hierdie kerk; en laat alle dinge, beide geld en voedsel, wat meer is as wat bnodig is vir die behoeftes van hierdie volk, gehou word in die hande van die biskop.

14 En laat hom ook vir homself uithou vir sy eie behoeftes, en vir die behoeftes van sy familie, omdat hy hierdie werk doen.

15 En so gun Ek aan hierdie volk die voorreg om hulleself te organiseer volgens my awette.

16 En Ek wy ahierdie land toe vir hulle vir ’n kort tydjie, tot Ek, die Here, anders vir hulle sal voorsien, en Ek hulle gebied om daarheen te gaan;

17 En die uur en die dag word nie aan hulle gegee nie, daarom laat hulle optree op hierdie land asof vir jare, en dit sal tot hulle voordeel strek.

18 Kyk, dit sal a’n voorbeeld wees vir my dienskneg Edward Partridge, in ander plekke, in alle kerke.

19 En wie ook al ’n getroue, ’n regverdige en ’n verstandige arentmeester is, sal die bvreugde van sy Heer binnegaan en sal die ewige lewe beërwe.

20 Voorwaar, Ek sê vir julle, Ek is Jesus Christus, wat aspoedig bkom, op ’n uur wat julle nie verwag nie. Dit is so. Amen.