Skrifture
Leer en Verbonde 72


Afdeling 72

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 4 Desember 1831. Verskeie ouderlinge en lede het byeengekom om hulle plig te leer en om verder opgebou te word in die leringe van die Kerk. Hierdie afdeling is ’n samestelling van drie openbarings wat ontvang is op dieselfde dag. Verse 1 tot 8 maak die roeping van Newel K. Whitney as biskop bekend. Hy is toe geroep en geordineer, waarna verse 9 tot 23 ontvang is, wat bykomende inligting gee aangaande die pligte van ’n biskop. Daarna is verse 24 tot 26 gegee, wat opdragte gee aangaande die versameling na Sion.

1–8, Ouderlinge moet rekenskap gee van hulle rentmeesterskappe aan die biskop; 9–15, Die biskop bestuur die voorraadskuur en sorg vir die armes en behoeftiges; 16–26, Biskoppe moet sertifiseer aangaande die waardigheid van ouderlinge.

1 Slaan ag, en luister na die stem van die Here, o julle wat julleself versamel het, wat die ahoëpriesters is van my kerk, aan wie die bkoninkryk en mag gegee is.

2 Want voorwaar, so sê die Here, dit is raadsaam in My dat ’n abiskop aangestel word vir julle, of vanuit julle, vir die kerk in hierdie gedeelte van die Here se wingerd.

3 En voorwaar in hierdie ding het julle wyslik opgetree, want dit word vereis deur die Here, aan die hand van elke arentmeester, om brekenskap te gee van sy crentmeesterskap, beide in tyd en in ewigheid.

4 Want hy wat getrou en averstandig is in tyd, word waardig geag om die bwonings te beërwe wat vir hom voorberei is deur my Vader.

5 Voorwaar Ek sê vir julle, die ouderlinge van die kerk in hierdie gedeelte van my awingerd sal rekenskap gee van hul rentmeesterskap aan die biskop, wat aangestel sal word deur My in hierdie gedeelte van my wingerd.

6 Van hierdie dinge sal verslag gehou word, om oorhandig te word aan die biskop in Sion.

7 En die plig van die abiskop sal bekendgemaak word deur die gebooie wat gegee is, en die stem van die konferensie.

8 En nou, voorwaar Ek sê vir julle, my dienskneg aNewel K. Whitney is die man wat aangestel en geordineer sal word tot hierdie mag. Dit is die wil van die Here julle God, julle Verlosser. Dit is so. Amen.

9 Die woord van die Here, bykomend tot die wet wat gegee is, wat die plig van die biskop bekendmaak wat geordineer is vir die kerk in hierdie deel van die wingerd, wat waarlik dit is—

10 Om die Here se avoorraadskuur te bestuur; om die fondse van die kerk te ontvang in hierdie deel van die wingerd;

11 Om ’n verslag te ontvang van die ouderlinge soos voorheen gebied is; en om na hulle behoeftes om te asien, wat sal betaal vir dit wat hulle ontvang, in soverre hulle middele het om te betaal;

12 Dat dit ook toegewy mag word tot die voordeel van die kerk, vir die armes en behoeftiges.

13 En hy wat nie ahet om mee te betaal nie, sal dit opgeteken word en oorhandig word aan die biskop van Sion, wat die skuld sal betaal uit dit wat die Here in sy hande sal plaas.

14 En die arbeid van die getroues wat arbei in geestelike dinge, in die bediening van die evangelie en die dinge van die koninkryk vir die kerk, en vir die wêreld, sal die skuld betaal aan die biskop in Sion;

15 Dus kom dit vanuit die kerk, want volgens die awet moet elkeen wat opkom na Sion alle dinge voor die biskop in Sion lê.

16 En nou, voorwaar Ek sê vir julle, dat omdat elke ouderling in hierdie gedeelte van die wingerd rekenskap moet gee van sy rentmeesterskap aan die biskop in hierdie deel van die wingerd—

17 ’n aSertifikaat van die regter of biskop in hierdie deel van die wingerd, aan die biskop in Sion maak elkeen aanvaarbaar, en vervul alle dinge, vir ’n erfenis, en om ontvang te word as ’n verstandige brentmeester en as ’n getroue arbeider;

18 Andersins sal hy nie aanvaar word deur die biskop van Sion nie.

19 En nou, voorwaar Ek sê vir julle, laat elke ouderling wat rekenskap sal gee aan die biskop van die kerk in hierdie deel van die wingerd aanbeveel word deur die kerk of kerke, waarin hy arbei, sodat hy homself en sy verslae aanvaarbaar mag maak in alle dinge.

20 En verder, laat my diensknegte wat aangestel is as rentmeesters oor die ageskrewe aangeleenthede van my kerk aanspraak hê op bystand van die biskop of biskoppe in alle dinge—

21 Sodat die aopenbarings gepubliseer mag word, en uitgaan na die eindes van die aarde; sodat hulle ook fondse mag bekom wat tot voordeel van die kerk sal strek in alle dinge;

22 Sodat hulle ook hulleself aanvaarbaar kan maak in alle dinge, en gereken word as verstandige rentmeesters.

23 En nou, kyk, dit sal ’n voorbeeld wees vir al die uitgebreide takke van my kerk, in welke land hulle ook al gevestig mag word. En nou maak Ek ’n einde aan my woorde. Amen.

24 ’n Paar woorde bykomend tot die wette van die koninkryk, aangaande die lede van die kerk—hulle wat aaangewys is deur die Heilige Gees om op te gaan na Sion, en hulle wat bevoorreg is om op te gaan na Sion—

25 Laat hulle na die biskop ’n sertifikaat neem van drie ouderlinge van die kerk, of ’n sertifikaat van die biskop;

26 Andersins sal hy wat opgaan na die land Sion nie gereken word as ’n verstandige rentmeester nie. Dit is ook ’n voorbeeld. Amen.