Skrifture
Leer en Verbonde 15


Afdeling 15

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan John Whitmer, te Fayette, New York, Junie 1829 (sien die opskrif van afdeling 14). Die boodskap is intiem en indrukwekkend persoonlik omdat die Here vertel van dít wat slegs aan John Whitmer en Hom bekend is. John Whitmer het later een van die Agt Getuies van die Boek van Mormon geword.

1–2, Die Here se arm is oor die hele aarde; 3–6, Om die evangelie te predik en siele te red is die ding van die meeste waarde.

1 Slaan ag, my dienskneg John, en luister na die woorde van Jesus Christus, jou Here en jou Verlosser.

2 Want kyk, Ek spreek tot jou met skerpheid en met akrag, want my arm is oor die hele aarde.

3 En Ek sal vir jou dit vertel wat niemand weet nie, behalwe Ek en jy alleen—

4 Want baie keer het jy begeer om van My te weet dit wat van die meeste waarde sou wees vir jou.

5 Kyk, geseënd is jy vanweë hierdie saak, en omdat jy die woorde gespreek het wat Ek jou gegee het volgens my gebooie.

6 En nou, kyk, Ek sê vir jou, dat dit wat van die meeste waarde sal wees vir jou, sal wees om bekering te averkondig aan hierdie volk, sodat jy siele mag bring na My, sodat jy mag brus met hulle in die ckoninkryk van my dVader. Amen.