Skrifture
Leer en Verbonde 89


Afdeling 89

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 27 Februarie 1833. As gevolg van die vroeë broers wat tabak gebruik het in hulle vergaderings, is die Profeet gelei om te bepeins oor die saak; gevolglik het hy by die Here navraag gedoen daaromtrent. Hierdie openbaring, bekend as die Woord van Wysheid, is die gevolg.

1–9, Die gebruik van wyn, sterk drank, tabak, en warm dranke word verbied; 10–17, Kruie, vrugte, vleis, en graan is geordineer vir die gebruik van die mens en van diere; 18–21, Gehoorsaamheid aan evangeliese wette, insluitende die Woord van Wysheid, bring stoflike en geestelike seëninge.

1 ’n aWoord van Wysheid, tot die voordeel van die raad van hoëpriesters, versamel in Kirtland, en die kerk, en ook die heiliges in Sion—

2 Om gestuur te word as begroeting; nie as gebod of dwang nie, maar deur openbaring en die woord van wysheid, wat die orde en awil van God toon ten opsigte van die liggaamlike behoud van alle heiliges in die laaste dae—

3 Gegee as ’n beginsel met ’n abelofte, aangepas by die vermoë van die swakkes en die swakste van alle bheiliges, wat heiliges is, of genoem kan word.

4 Kyk, voorwaar, so sê die Here vir julle: As gevolg van die abooshede en planne wat bestaan en sal bestaan in die harte van bsameswerende mense in die laaste dae, het Ek julle cgewaarsku, en waarsku julle vooraf, deur aan julle hierdie woord van wysheid deur openbaring te gee—

5 Dat in soverre enigeen awyn of sterk drank onder julle drink, kyk, dit is nie goed nie, nóg gepas in die oë van julle Vader, slegs wanneer julle julleself byeen versamel om julle sakramente te offer voor Hom.

6 En kyk, dit moet wyn wees, ja, asuiwer wyn van die druif van die wingerdstok, van julle eie maaksel.

7 En verder, asterk drank is nie vir die buik nie, maar vir die was van julle liggame.

8 En verder, tabak is nie vir die aliggaam nie, nóg vir die buik, en is nie goed vir die mens nie, maar is ’n kruid vir kneusplekke en alle siek vee, om met oordeel en vernuf gebruik te word.

9 En verder, warm dranke is nie vir die liggaam of die buik nie.

10 En verder, voorwaar, Ek sê vir julle, alle heilsame akruie het God geordineer vir die gestel, aard en gebruik van die mens—

11 Elke kruid in die seisoen daarvan, en elke vrug in die seisoen daarvan; al hierdie om gebruik te word met wysheid en adanksegging.

12 Ja, ook avleis van bdiere en van die voëls van die lug, het Ek, die Here, geordineer vir die gebruik van die mens met danksegging; nietemin, dit moet cspaarsaam gebruik word;

13 En dit behaag My dat dit nie gebruik moet word nie, slegs in wintertyd, of in koue, of hongersnood.

14 Alle agraan is geordineer vir die gebruik van die mens en diere, om die staf van die lewe te wees, nie slegs vir die mens nie maar vir die diere van die veld, en die voëls van die hemel, en alle wilde diere wat hardloop of op die aarde kruip;

15 En hulle is deur God gemaak vir die gebruik van die mens slegs in tye van hongersnood en uitermate honger.

16 Alle graan is goed vir kos van die mens; en so ook die vrug van die wingerdstok; dit wat vrugte dra, hetsy in die grond of bo die grond—

17 Nietemin, koring vir die mens, en mielies vir die os, en hawer vir die perd en rog vir die voëls en die varke, en vir alle diere van die veld, en gars vir alle nuttige diere, en vir matige dranke, asook ander graan.

18 En alle heiliges wat onthou om hierdie dinge te onderhou en te doen, en in gehoorsaamheid aan die gebooie wandel, sal agesondheid in hulle nawel en murg in hulle gebeente ontvang;

19 En sal awysheid en groot skatte van bkennis vind, selfs verborge skatte;

20 En sal ahardloop en nie moeg word nie, en sal loop en nie afgemat word nie.

21 En Ek, die Here, gee aan hulle ’n abelofte, dat die vernietigende engel by hulle sal bverbygaan, soos die kinders van Israel, en hulle nie doodmaak nie. Amen.