Skrifture
Leer en Verbonde 41


Afdeling 41

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan die Kerk, te Kirtland, Ohio, 4 Februarie 1831. Hierdie openbaring gebied die Profeet en Kerk ouderlinge om te bid om God se “wet” te ontvang (sien afdeling 42). Joseph Smith het pas in Kirtland aangekom uit New York, en Leman Copley, ’n lid van die Kerk in die nabye Thompson, Ohio, “het Broer Joseph en Sidney [Rigdon] versoek … om by hom te woon en hy sou hulle voorsien van huise en lewensmiddele.” Die volgende openbaring verklaar waar Joseph en Sidney moes woon en roep ook Edward Partridge as die Kerk se eerste biskop.

1–3, Die ouderlinge sal die Kerk bestuur deur die gees van openbaring; 4–6, Ware dissipels sal die Here se wet ontvang en onderhou; 7–12, Edward Partridge word aangestel as ’n biskop vir die Kerk.

1 Slaan ag en hoor, o julle my volk, sê die Here julle God, julle wat dit my behaag om te aseën met die grootste van alle seëninge, julle wat My hoor; en julle wat My nie hoor nie, sal Ek bvervloek, wat cvoorgegee het om my Naam te bely, met die swaarste van alle vervloekings.

2 Slaan ag, o julle ouderlinge van my kerk wat Ek geroep het, kyk, Ek gee aan julle ’n gebod, dat julle julself sal versamel om asaam te stem oor my woord;

3 En deur die gebed van julle geloof sal julle my awet ontvang, sodat julle mag weet hoe om my kerk te bestuur en alle dinge in orde te hê voor My.

4 En Ek sal julle aheerser wees wanneer Ek bkom; en kyk, Ek kom spoedig, en julle moet toesien dat my wet onderhou word.

5 Hy wat my wet aontvang en dit bnakom, hy is my dissipel; en hy wat sê dat hy dit ontvang en dit nie nakom nie, hy is nie my dissipel nie, en sal cuitgewerp word onder julle.

6 Want dit is nie gepas dat die dinge wat behoort aan die kinders van die koninkryk gegee moet word aan hulle wat onwaardig is nie, of aan die ahonde nie, of dat die bpêrels gewerp word voor die varke nie.

7 En verder, dit is gepas dat my dienskneg Joseph Smith, Jr., ’n ahuis sal laat bou, waarin hy kan woon en bvertaal.

8 En verder, dit is gepas dat my dienskneg Sidney Rigdon moet leef soos hy goeddink, in soverre hy my gebooie onderhou.

9 En verder, Ek het my dienskneg aEdward Partridge geroep; en Ek gee ’n gebod, dat hy aangestel moet word deur die stem van die kerk, en geordineer word as ’n bbiskop vir die kerk, om sy goedere agter te laat en al sy tyd ctoe te wy aan die arbeid van die kerk;

10 Om alle dinge te versorg wanneer dit aan hom toegewys word in my wette op die dag wanneer Ek hulle sal gee.

11 En dit omdat sy hart rein is voor My, want hy is net soos aNatánael van ouds, in wie daar geen bbedrog is nie.

12 Hierdie woorde word aan julle gegee, en hulle is rein voor My; daarom, pasop hoe julle hulle beskou, want van hulle sal daar rekenskap gevra word van julle siele op die oordeelsdag. Dit is so. Amen.