Skrifture
Leer en Verbonde 127


Afdeling 127

’n Brief van Joseph Smith die Profeet aan die Heiliges van die Laaste Dae te Nauvoo, Illinois, bevattende aanwysings oor die doop vir die dode, gedateer te Nauvoo, 1 September 1842.

1–4, Joseph Smith roem in vervolging en beproewing; 5–12, Verslae moet gehou word ten opsigte van die dope vir die dode.

1 In soverre die Here aan my geopenbaar het dat my vyande, beide in Missouri en hierdie Staat, weer besig was om my te agtervolg; en in soverre hulle my agtervolg sonder arede, en nie die minste skadu of kleursel van geregtigheid of reg aan hulle kant het in die beplanning van hulle vervolgings teen my nie; en in soverre hulle bewerings alles gegrond is op valsheid van die swartste skakering, het ek dit raadsaam en wysheid in my geag om die plek vir ’n kort tydperk te verlaat, vir my eie veiligheid en die veiligheid van hierdie volk. Ek wil aan almal sê met wie ek sake doen dat ek my aangeleenthede met agente en klerke gelaat het wat alle sake stiptelik en op ’n behoorlike wyse sal afhandel, en sal toesien dat al my skuld mettertyd afgelos word, deur die verkoop van besittings, of andersins, soos die geval mag vereis, of soos die omstandighede mag toelaat. Wanneer ek verneem dat die storm ten volle oorgewaai het, dan sal ek weer na julle terugkeer.

2 En wat die agevare betref wat ek geroep word om deur te maak, lyk hulle slegs na ’n klein dingetjie vir my, aangesien die bafguns en toorn van die mense my alledaagse lot was al die dae van my lewe; en om welke rede blyk dit geheimsinnig te wees, tensy ek cgeordineer is van voor die grondlegging van die wêreld vir een of ander goeie of slegte doel, soos julle mag verkies om dit te noem. Oordeel julle vir julself. God weet al hierdie dinge, of hulle goed of sleg is. Maar nietemin, ek is gewoond om in diep waters te swem. Dit het alles tweede natuur vir my geword; en ek voel, soos Paulus, om te roem in dbeproewing; want tot op hierdie dag het die God van my vaders my verlos van hulle almal, en sal my verlos van nou af; want kyk, en sien, ek sal triomfeer oor al my vyande, want die Here God het dit gespreek.

3 Laat al die heiliges hulle verheug, daarom, en uitermate bly wees; want Israel se aGod is hulle God, en Hy sal ’n regverdige vergelding as loon op die hoofde van al hul onderdrukkers uitmeet.

4 En verder, voorwaar so sê die Here: Laat die werk aan my atempel, en al die werke wat Ek aan julle toegewys het, voortduur en nie ophou nie; en laat julle bywer, en julle volharding, en geduld, en julle werke verdubbel word, en julle sal geensins julle loon verloor nie, sê die Here van die Leërskare. En as hulle julle cvervolg, so het hulle die profete en regverdige manne wat voor julle was vervolg. Vir dit alles is daar ’n loon in die hemel.

5 En verder, Ek gee aan julle ’n woord betreffende die adoop van julle bdode.

6 Voorwaar, so sê die Here vir julle aangaande julle dode: Wanneer enigeen van julle agedoop word vir julle dode, laat daar ’n bverslaghouer wees, en laat hom ’n ooggetuie van julle dope wees; laat hom hoor met sy ore, sodat hy mag getuig van ’n waarheid, sê die Here.

7 Sodat in al julle verslae dit in die hemel aopgeteken mag word; wat julle ook al bbind op die aarde, in die hemel gebind mag word; wat julle ook al op die aarde losmaak, in die hemel losgemaak mag word.

8 Want Ek is op die punt om vele dinge op die aarde te aherstel, betreffende die bpriesterskap, sê die Here van die Leërskare.

9 En verder, laat al die averslae in orde wees, sodat hulle in die argiewe van my heilige tempel geplaas mag word, om in herinnering gehou te word van geslag tot geslag, sê die Here van die Leërskare.

10 Ek wil aan al die heiliges sê dat ek begeer het, met ’n uitermate groot begeerte, om hulle van die kansel toe te spreek oor die onderwerp van die doop vir die dode, op die volgende Sabbat. Maar in soverre dit buite my mag is om dit te doen, sal ek van tyd tot tyd die woord van die Here skryf, oor daardie onderwerp, en dit per pos aan julle stuur, asook vele ander dinge.

11 Ek sluit nou my brief af vir die huidige, weens gebrek aan meer tyd; want die vyand is gereed, en soos die Saligmaker gesê het, die aprins van hierdie wêreld kom, maar hy het aan My niks nie.

12 Kyk, my gebed aan God is dat julle almal gered mag word. En ek onderteken myself as julle dienskneg in die Here, profeet en asiener van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae.

Joseph Smith.