Skrifture
Leer en Verbonde 27


Afdeling 27

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet, te Harmony, Pennsilvanië, Augustus 1830. Ter voorbereiding van ’n godsdienstige byeenkoms waartydens die nagmaal van brood en wyn bedien sou word, het Joseph wyn gaan verkry. Hy is deur ’n hemelse boodskapper ontmoet en het hierdie openbaring ontvang, ’n gedeelte waarvan geskryf is op daardie tydstip, en die res die daaropvolgende September. Water word nou gebruik in plaas van wyn in die nagmaaldienste van die Kerk.

1–4, Die embleme wat gebruik moet word wanneer van die nagmaal gebruik word, word uiteengesit; 5–14, Christus en sy diensknegte van alle tydvakke moet van die nagmaal gebruik; 15–18, Trek die volle wapenrusting van God aan.

1 Luister na die stem van Jesus Christus, julle Here, julle God, en julle Verlosser, wie se woord alewend en kragtig is.

2 Want, kyk, Ek sê vir julle, dat dit nie saak maak wat julle sal eet of wat julle sal drink wanneer julle van die anagmaal gebruik nie, solank julle dit doen met ’n oog enkel gerig op my bheerlikheid—en onthou voor die Vader my liggaam wat neergelê is vir julle, en my cbloed wat gestort is vir die dvergifnis van julle sondes.

3 Daarom gee Ek ’n gebod aan julle, dat julle nóg wyn nóg sterk drank sal koop van julle vyande.

4 Daarom, julle sal niks gebruik tensy dit vars gemaak is onder julle nie; ja in hierdie my Vader se koninkryk wat opgebou sal word op die aarde.

5 Kyk, dit is wysheid in My; daarom, verwonder nie, want die uur kom dat Ek sal adrink van die vrug van die wingerdstok met julle op die aarde, en met bMoroni, wat Ek aan jou gestuur het om die Boek van Mormon te openbaar, bevattende die volheid van my ewigdurende evangelie, aan wie Ek die sleutels van die kroniek van die cstok van Efraim toevertrou het.

6 En ook met aElías, aan wie Ek die sleutels toevertrou het om die herstelling te weeg te bring van alle dinge wat gespreek is deur die mond van al die heilige profete sedert die wêreld begin het, aangaande die laaste dae;

7 En ook Johannes die seun van Sagaría, welke Sagaría hy (aElías) besoek het en belowe het dat hy ’n seun sou hê, en sy naam moes bJohannes wees, en hy sou vervul wees met die gees van Elías;

8 Welke Johannes Ek aan julle gestuur het, my diensknegte, Joseph Smith. Jr., en Oliver Cowdery, om julle te ordineer tot die eerste apriesterskap wat julle ontvang het, sodat julle geroep en bgeordineer mag word net soos cAäron;

9 En ook aElía, aan wie Ek die sleutels toevertrou het van die mag om die harte van die vaders tot die kinders te bkeer, en die harte van die kinders tot die vaders, sodat die hele aarde nie getref mag word met ’n vloek nie.

10 En ook met Josef en Jakob, en Isak, en Abraham, julle vaders, deur wie die abeloftes voortduur;

11 En ook met Mígael, of aAdam, die vader van almal, die prins van almal, die oue van dae;

12 En ook met Petrus, en Jakobus, en Johannes, wat Ek na julle gestuur het, deur wie Ek julle ageordineer het en julle bevestig het om bapostels te wees, en spesiale cgetuies van my Naam, en om die sleutels van julle bediening te dra en van dieselfde dinge wat Ek aan hulle geopenbaar het.

13 Aan wie Ek die asleutels van my koninkryk btoevertrou het, en ’n ctydvak van die devangelie vir die elaaste tye; en vir die fvolheid van tye, waarin Ek alle dinge sal versamel in geen, beide wat in die hemel is, en wat op die aarde is;

14 En ook met al diegene wat my Vader My agegee het uit die wêreld.

15 Daarom, hef op julle harte en verbly julle, en omgord julle lendene, en neem op julle my volle awapenrusting, sodat julle die bose dag kan weerstaan, nadat julle alles gedoen het, sodat julle bstaande mag bly.

16 Staan, derhalwe, met julle lendene aomgord met die bwaarheid, met die cborsplaat van dregverdigheid aan, en julle voete geskoei met die voorbereiding van die evangelie van evrede, wat Ek my fengele gestuur het om aan julle toe te vertrou.

17 En neem die skild van geloof waarmee julle al die avurige pyle van die bose sal kan blus;

18 En neem die helm van heil, en die swaard van my Gees, wat Ek sal uitstort oor julle, en my woord wat Ek aan julle openbaar, en wees verenig rakende alle dinge wat julle ook al van my vra, en wees getrou totdat Ek kom, en julle sal aopgeneem word, sodat waar Ek is julle book sal wees. Amen.