Skrifture
Leer en Verbonde 37


Afdeling 37

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet en Sidney Rigdon, naby Fayette, New York, Desember 1830. Hierin word die eerste gebod gegee aangaande ’n versameling in hierdie tydvak.

1–4, Die Heiliges word geroep om te versamel by die Ohio.

1 Kyk, Ek sê vir julle dat dit nie raadsaam is in My dat julle nie meer moet avertaal tot julle na die Ohio sal gaan nie, en dit vanweë die vyand en om julle onthalwe.

2 En verder, Ek sê vir julle dat julle nie sal gaan tot julle my evangelie gepredik het in daardie streke nie, en die kerk versterk het waar dit ook al gevind word, en meer spesifiek in aColesville; want, kyk, hulle bid tot My in veel geloof.

3 En verder, ’n gebod gee Ek aan die kerk, dat dit raadsaam is in My dat hulle hul sal versamel by adie Ohio, in afwagting op die tyd wanneer my dienskneg Oliver Cowdery sal terugkeer na hulle.

4 Kyk, hier is wysheid, en laat elke mens vir homself akies tot Ek kom. Dit is so. Amen.