Skrifture
Leer en Verbonde 92


Afdeling 92

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 15 Maart 1833. Die openbaring gee Frederick G. Williams, wat onlangs aangestel is as ’n raadgewer vir Joseph Smith, opdrag aangaande sy pligte in die Verenigde Maatskappy (sien die opskrifte van afdelings 78 en 82).

1–2, Die Here gee ’n gebod aangaande toelating tot die verenigde orde.

1 Voorwaar, so sê die Here, Ek gee aan die averenigde orde, georganiseer ooreenkomstig die gebod wat voorheen gegee is, ’n openbaring en gebod aangaande my dienskneg Frederick G. Williams, dat julle hom in die orde sal ontvang. Wat Ek vir een sê, sê Ek vir almal.

2 En verder, Ek sê vir jou my dienskneg Frederick G. Williams, jy sal ’n aktiewe lid wees van hierdie orde; en in soverre jy getrou is om al die vorige gebooie te onderhou, sal jy vir ewig geseënd wees. Amen.