Skrifture
Leer en Verbonde 119


Afdeling 119

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Far West, Missouri, 8 Julie 1838, in antwoord op sy smeekbede: “O Here! Toon aan u diensknegte hoeveel U van die besittings van u volk vir ’n tiende vereis.” Die wet van die tiende, soos vandag verstaan, was nie aan die Kerk gegee voor hierdie openbaring nie. Die term tiende in die gebed wat pas aangehaal is en in vorige openbarings (64:23; 85:3, 97:11) het nie net een tiende beteken nie, maar alle vrywillige offerandes, of bydraes, tot die Kerkfondse. Hierdie openbaring het gekom nadat die Heiliges finansiële uitdagings in Missouri en Ohio gely het as gevolg van die oprigting van die Kirtland-tempel; vervolgings in Jackson-distrik, Missouri; en ’n landswye finansiële krisis. Die Heiliges het ook voortgegaan om gemeenskappe in Missouri te vestig.

1–5, Die Heiliges moet hulle oortollige besittings betaal en dan, as ’n tiende, een tiende jaarliks gee van hulle aanwas; 6–7, Sodanige handeling sal die land Sion heilig.

1 Voorwaar, so sê die Here, Ek vereis dat al hulle oortollige besittings in die hande van die biskop van my kerk in Sion geplaas word.

2 Vir die bou van my huis, en vir die lê van die fondament van Sion en vir die priesterskap, en vir die skulde van die Presidensie van my Kerk.

3 En dit sal die begin wees van die tiendeheffing van my volk.

4 En daarna, diegene wat dus ’n tiende opgelê is, sal ’n tiende van al hulle aanwas jaarliks betaal; en dit sal ’n staande wet vir hulle wees vir ewig, vir my heilige priesterskap, sê die Here.

5 Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal geskied dat van al diegene wat versamel na die land Sion, ’n tiende gehef sal word van hulle oortollige besittings, en sal hierdie wet onderhou, of hulle sal nie waardig bevind word om onder julle te vertoef nie.

6 En Ek sê vir julle, indien my volk nie hierdie wet onderhou nie, om dit heilig te hou, en deur hierdie wet die land Sion vir my te heilig, sodat my insettinge en my oordele daarop nagekom mag word, sodat dit hoogheilig mag wees, kyk, voorwaar Ek sê vir julle, dit sal nie ’n land Sion vir julle wees nie.

7 En dit sal ’n voorbeeld wees vir al die penne van Sion. Dit is so. Amen.