Skrifture
Leer en Verbonde 65


Afdeling 65

Openbaring oor gebed gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Hiram, Ohio, 30 Oktober 1831.

1–2, Die sleutels van die koninkryk van God word aan die mens toevertrou op die aarde en die saak van die evangelie sal oorwin; 3–6, Die millenniaanse koninkryk van die hemel sal kom en aansluit by die koninkryk van God op die aarde.

1 Slaan ag, en sien, ’n stem soos van een afgestuur van omhoog, wat magtig en kragtig is, wie se uitgang na die eindes van die aarde is, ja, wie se stem tot mense is—aBerei julle die weg van die Here voor, maak sy paaie reguit.

2 Die asleutels van die bkoninkryk van God word toevertrou aan die mens op die aarde, en vandaar sal die evangelie voortrol tot die eindes van die aarde, net soos die cklip wat uit die berg gesny was sonder hande sal voortrol totdat dit die hele aarde dgevul het.

3 Ja, ’n stem wat roep—Berei julle die weg van die Here, berei julle die amaaltyd van die Lam, maak gereed vir die bBruidegom.

4 Bid tot die Here, roep sy heilige Naam aan, maak sy wonderlike werke bekend onder die volk.

5 Roep die Here aan, sodat sy koninkryk mag uitgaan op die aarde, sodat die inwoners daarvan dit mag ontvang, en voorbereid wees vir die dae wat kom, waarin die Seun van die Mens sal aneerdaal in die hemel, bgeklee in die helderheid van sy cheerlikheid, om die dkoninkryk van God te ontmoet wat opgerig is op die aarde.

6 Daarom mag die akoninkryk van God uitgaan sodat die bkoninkryk van die hemel mag kom, sodat U, o God, verheerlik mag word in die hemel soos op die aarde, sodat u vyande oorwin mag word, want aan cU behoort die eer, krag en heerlikheid, vir ewig en ewig. Amen.