Skrifture
Leer en Verbonde 79


Afdeling 79

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Hiram, Ohio, 12 Maart 1832.

1–4, Jared Carter word geroep om die evangelie te preek deur die Trooster.

1 Voorwaar Ek sê vir jou, dat dit my wil is dat my dienskneg Jared Carter weer na die oostelike streke moet gaan, van plek tot plek, en van stad tot stad, in die krag van die aordinering waarmee hy geordineer is, en blye tydings van groot vreugde verkondig, naamlik die ewigdurende evangelie.

2 En Ek sal die aTrooster na hom stuur, wat hom die waarheid sal leer en die weg wat hy sal gaan;

3 En in soverre hy getrou is, sal Ek hom weer kroon met gerwe.

4 Daarom, laat jou hart bly wees, my dienskneg Jared Carter, en avrees nie, sê jou Here, naamlik Jesus Christus. Amen.