Skrifture
Leer en Verbonde 122


Afdeling 122

Die woord van die Here aan Joseph Smith die Profeet, terwyl hy ’n gevangene was in die gevangenis te Liberty, Missouri. Hierdie afdeling is ’n uittreksel uit ’n brief aan die Kerk gedateer 20 Maart 1839 (sien die opskrif van afdeling 121).

1–4, Die eindes van die aarde sal navraag doen oor die naam van Joseph Smith; 5–7, Al sy gevare en lydings sal vir hom ervaring gee en vir sy beswil wees; 8–9, Die Seun van die Mens het benede dit alles gedaal.

1 Die eindes van die aarde sal navraag doen na jou anaam, en dwase sal jou bespot, en die hel sal teen jou woed;

2 Terwyl die reines van hart, en die verstandiges, en die eerbares, en die deugsames, voortdurend araad, en gesag, en seëninge onder jou hand sal soek.

3 En jou volk sal nooit teen jou draai deur die getuienis van verraaiers nie.

4 En alhoewel hulle invloed jou in die moeilikheid sal laat beland, en agter tralies en mure, sal jy in ere gehou word, en slegs vir ’n kort aoomblik en jou stem sal vreesliker wees te midde van jou vyande as ’n verwoede bleeu, vanweë jou regverdigheid; en jou God sal by jou staan vir ewig en ewig.

5 Indien jy geroep word om beproewing deur te maak; indien jy in gevaar verkeer onder valse broers; indien jy in gevaar verkeer onder rowers, indien jy in gevaar verkeer op land of op see;

6 Indien jy beskuldig word met allerlei valse beskuldigings; indien jou vyande op jou toesak; indien hulle jou wegskeur van die gemeenskap van jou vader en moeder en broers en susters; en indien jou vyande jou met ’n ontblote swaard wegskeur van die boesem van jou vrou, en van jou kinders en jou oudste seun, alhoewel slegs ses jaar oud, sal vasklou aan jou klere en sal sê, My vader, my vader, waarom kan u nie by ons bly nie? O my vader, wat gaan die mans met u doen? En indien hy dan van jou weggestoot word met ’n swaard, en jy na die gevangenis gesleep word, en jou vyande om jou sluip soos awolwe vir die bloed van die lam;

7 En indien jy in die kuil gewerp word, of in die hande van moordenaars, en die doodsvonnis opgelê word; indien jy in die adieptes gewerp word; indien die siedende golwe teen jou saamspan; indien sterk winde jou vyande word; indien die hemele swart word, en al die elemente kombineer om die weg te versper; en bowenal, indien selfs die kake van die bhel die mond wyd sal open vir jou, weet jy, my seun, dat al hierdie dinge vir jou cervaring sal gee, en vir jou beswil sal wees.

8 Die aSeun van die Mens het benede hulle almal bgedaal. Is jy groter as Hy?

9 Daarom, bly op die weg, en die priesterskap sal met jou awees; want hulle bgrense is vasgestel, hulle kan nie verbygaan nie. Jou cdae is bekend, en jou jare sal nie verminder word nie; daarom, dvrees nie wat die mens kan doen nie, want God sal met jou wees vir ewig en ewig.