Skrifture
Leer en Verbonde 91


Afdeling 91

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 9 Maart 1833. Die Profeet was op hierdie stadium besig met die vertaling van die Ou Testament. Toe hy by daardie gedeelte gekom het van die antieke geskrifte wat die Apokriewe genoem word, het hy by die Here navraag gedoen en hierdie aanwysings ontvang.

1–3, Die Apokriewe is hoofsaaklik korrek vertaal, maar bevat vele invoegsels deur die hande van mense wat nie waar is nie; 4–6, Dit is tot die voordeel van diegene wat deur die Gees verlig is.

1 Voorwaar, so sê die Here, vir julle aangaande die aApokriewe—Daar is vele dinge daarin vervat wat waar is, en dit is meestal korrek vertaal;

2 Daar is vele dinge vervat daarin wat nie waar is nie, wat invoegsels is deur die hande van mense.

3 Voorwaar, Ek sê vir julle, dat dit nie nodig is dat die Apokriewe vertaal moet word nie.

4 Daarom, wie dit ook al lees, laat hom abegryp, want die Gees openbaar waarheid;

5 En wie ook al verlig is deur die aGees sal voordeel verkry daaruit;

6 En wie ook al nie ontvang deur die Gees nie, kan nie voordeel verkry nie. Daarom is dit nie nodig dat dit vertaal moet word nie. Amen.