Skrifture
Leer en Verbonde 74


Afdeling 74

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet, te Wayne-distrik, New York, in 1830. Selfs vóór die organisasie van die Kerk, het vrae ontstaan aangaande die regte doopswyse, wat die Profeet gelei het om antwoorde oor dié onderwerp te soek. Joseph Smith se geskiedenis verklaar dat hierdie openbaring ’n verduideliking is van 1 Korinthiërs 7:14, ’n skriftuur wat dikwels gebruik was om kinderdoop te regverdig.

1–5, Paulus gee die Kerk van sy dag raad om nie die wet van Moses te onderhou nie; 6–7, Klein kindertjies is heilig en word geheilig deur die Versoening.

1 Want die aongelowige man word geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou word geheilig deur die man; anders was julle kinders onrein, maar nou is hulle heilig.

2 Nou, in die dae van die apostels was die wet van die besnydenis geldig onder al die Jode wat nie die evangelie van Jesus Christus geglo het nie.

3 En dit het gebeur dat ’n groot atwis ontstaan het onder die volk aangaande die wet van die bbesnydenis, want die ongelowige man was begerig dat sy kinders besny moes word en onderworpe wees aan die cwet van Moses, welke wet vervul was.

4 En dit het gebeur dat die kinders wat opgevoed is in onderwerping aan die wet van Moses, gehoorsaam was aan die aoorlewerings van hul vaders en nie die evangelie van Christus geglo het nie, waardeur hulle onheilig geword het.

5 Daarom, om hierdie rede het die apostel aan die kerk geskryf, en aan hulle ’n gebod gegee, nie van die Here nie, maar van homself, dat ’n gelowige nie averenig moes wees met ’n ongelowige nie; tensy die bwet van Moses weggedoen sou word onder hulle,

6 Sodat hulle kinders sonder besnydenis mag bly; en sodat die oorlewering weggedoen word wat sê dat klein kindertjies onheilig is; want dit was so onder die Jode;

7 Maar klein akindertjies is bheilig, cgeheilig deur die dversoening van Jesus Christus; en dit is wat die skrifture beteken.