Skrifture
Leer en Verbonde 117


Afdeling 117

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Far West, Missouri, 8 Julie 1838, aangaande die onmiddellike pligte van William Marks, Newel K. Whitney, en Oliver Granger.

1–9, Die Here se diensknegte moet nie stoflike dinge begeer nie, want “wat is besittings in die oë van die Here?”; 10–16, Hulle moet kleinlikheid van siel versaak, en hulle opofferings sal heilig wees vir die Here.

1 Voorwaar, so sê die Here aan my dienskneg William Marks, en ook aan my dienskneg Newel K. Whitney, laat hulle hul sake spoediglik afhandel en vanaf die land Kirtland reis, voor Ek, die Here, weer sneeu stuur op die aarde.

2 Laat hulle ontwaak, en opstaan, en uitkom, en nie talm nie, want Ek, die Here, gebied dit.

3 Daarom, indien hulle talm, sal dit nie goed gaan met hulle nie.

4 Laat hulle bekeer van al hulle sondes, en van al hulle hebsugtige begeertes, voor My, sê die Here; want wat is abesittings in my oë? sê die Here.

5 Laat die eiendomme van Kirtland verkoop word om die askuld te vereffen, sê die Here. Laat hulle gaan, sê die Here, en wat ook al oorbly, laat dit in julle hande bly, sê die Here.

6 Want besit Ek nie die voëls van die hemel, en ook die visse van die see, en die diere van die berge nie? Het Ek nie die aarde gemaak nie? Hou Ek nie die alotgevalle van al die leërs van die nasies van die aarde nie?

7 Daarom, sal Ek nie die averlate plekke laat bot en bloei, en om in oorvloed voort te bring nie? sê die Here.

8 Is daar nie genoeg plek op die berge van aAdam-ondi-Ahman, en op die vlaktes van Olaha bShineha, of die cland waar Adam gewoon het nie, sodat julle dít sou begeer wat slegs ’n druppel is, maar die meer gewigtige sake verwaarloos?

9 Daarom, kom op hierheen na die land van my volk, naamlik Sion.

10 Laat my dienskneg William Marks agetrou wees oor ’n paar dinge, en hy sal ’n heerser oor vele wees. Laat hom presideer in die midde van my volk in die stad Far West, en laat hom geseënd wees met die seëninge van my volk.

11 Laat my dienskneg Newel K. Whitney hom skaam oor die aNikolaïete-bende en van al hulle bgeheime gruwels, en van al sy kleinlikheid van siel voor My, sê die Here, en opkom na die land Adam-ondi-Ahman, en ’n cbiskop wees vir my volk, sê die Here, nie in naam nie, maar in daad, sê die Here.

12 En verder, Ek sê vir julle, Ek onthou my dienskneg aOliver Granger; kyk, voorwaar Ek sê vir hom dat sy naam in heilige herinnering gehou sal word van geslag tot geslag, vir ewig en ewig, sê die Here.

13 Daarom, laat hom hom met erns beywer vir die aflossing van die Eerste Presidensie van my Kerk, sê die Here; en wanneer hy val, sal hy weer opstaan, want sy aopoffering sal vir My meer heilig wees as sy aanwas, sê die Here.

14 Daarom, laat hom spoediglik hierheen opkom, na die land Sion; en in my eie bepaalde tyd sal hy ’n handelaar vir my Naam gemaak word, sê die Here, tot die voordeel van my volk.

15 Daarom, laat niemand my dienskneg Oliver Granger verag nie, maar laat die seëninge van my volk op hom wees vir ewig en ewig.

16 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, laat al my diensknegte in die land Kirtland die Here hulle God onthou, en ook my huis, om dit heilig te hou en te bewaar, en om die geldwisselaars te verdryf in my eie bepaalde tyd, sê die Here. Dit is so. Amen.