Skrifture
Leer en Verbonde 60


Afdeling 60

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Independence, Jackson-distrik, Missouri, 8 Augustus 1831. Tydens hierdie geleentheid het die ouderlinge wat na Jackson-distrik gereis het en deelgeneem het aan die toewyding van die land en die tempelterrein het begeer om te weet wat hulle moes doen.

1–9, Die ouderlinge moet die evangelie preek in die gemeentes van die bose; 10–14, Hulle moenie hulle tyd verspil nie, nóg hulle talente begrawe; 15–17, Hulle mag hulle voete was as ’n getuienis teen diegene wat die evangelie verwerp.

1 Kyk, so sê die Here aan die ouderlinge van sy kerk, wat spoedig moet terugkeer na die land vanwaar hulle gekom het: Kyk, dit behaag My, dat julle hierheen opgekom het;

2 Maar in sommiges het Ek nie ’n welbehae nie, want hulle wil nie hulle amonde open nie, maar hulle bverberg die talent wat Ek aan hulle gegee het, vanweë die cvrees vir die mens. Wee diesulkes, want my toorn is ontvlam teen hulle.

3 En dit sal gebeur, indien hulle nie getrouer aan my is nie, sal dit wegageneem word, selfs dít wat hulle het.

4 Want Ek, die Here, heers in die hemele daarbo, en onder die aleërs van die aarde; en op die dag wanneer Ek my bjuwele sal opmaak, sal alle mense weet wat dit is wat getuig van die krag van God.

5 Maar, voorwaar, Ek wil met julle spreek aangaande julle reis na die land vanwaar julle gekom het. Laat daar ’n vaartuig gemaak word, of gekoop word, soos julle goeddink, dit maak nie vir My saak nie, en onderneem julle reis spoedig na die plek wat St. Louis genoem word.

6 En van daar, laat my diensknegte Sidney Rigdon, Joseph Smith, Jr., en Oliver Cowdery, hulle reis onderneem na Cincinnati;

7 En in hierdie plek, laat hulle hul stemme verhef en my woord verkondig met luide stemme, sonder toorn of twyfel, en heilige hande ophef oor hulle. Want Ek is in staat om julle aheilig te maak, en julle sondes is julle bvergewe.

8 En laat die oorblywendes hul reis onderneem van St. Louis, twee-twee, en die woord preek, nie inderhaas nie, onder die gemeentes van die bose, totdat hulle terugkeer na die kerke vanwaar hulle gekom het.

9 En dit alles tot die voordeel van die kerke; vir hierdie doel het Ek hulle gestuur.

10 En laat my dienskneg aEdward Partridge van die geld wat Ek hom gegee het deel, ’n gedeelte aan my ouderlinge wat gebied is om terug te keer;

11 En hy wat in staat is, laat hom dit teruggee deur middel van die agent; en hy wat nie is nie, van hom word dit nie vereis nie.

12 En nou spreek Ek van die oorblywendes wat nog moet kom na hierdie land.

13 Kyk, hulle is gestuur om my evangelie te preek onder die gemeentes van die bose; daarom, Ek gee aan hulle ’n gebod, as volg: Jy sal nie jou tyd averspil nie, nóg sal jy jou btalent begrawe sodat dit nie bekend mag wees nie.

14 En nadat jy opgekom het na die land Sion, en my woord verkondig het, sal jy inderhaas terugkeer, en my woord verkondig onder die gemeentes van die bose, nie inderhaas nie, nóg in atoorn nóg met onenigheid.

15 En skud die astof af van julle voete teen diegene wat julle nie ontvang nie, nie in hul teenwoordigheid nie, sodat julle hulle nie tart nie, maar in die geheim; en was julle voete, as ’n getuienis teen hulle op die dag van oordeel.

16 Kyk, dit is genoeg vir julle, en die wil van Hom wat julle gestuur het.

17 En deur die mond van my dienskneg Joseph Smith, Jr., sal dit bekendgemaak word aangaande Sidney Rigdon en Oliver Cowdery. Die oorblyfsel hierna. Dit is so. Amen.