Skrifture
Leer en Verbonde 110


Afdeling 110

Visioene geopenbaar aan Joseph Smith die Profeet en Oliver Cowdery in die tempel te Kirtland, Ohio, 3 April 1836. Die geleentheid was dié van ’n Sabbatdagdiens. Joseph Smith se geskiedenis verklaar: “In die namiddag het ek die ander Presidente bygestaan om die Here se Nagmaal te bedien aan die Kerk nadat ons dit ontvang het van die Twaalf, wie se voorreg dit was om op hierdie dag by die heilige tafel op te tree. Nadat hierdie diens aan my broers uitgevoer is, het ek teruggetrek na die kansel, agter die neergelate voorhangsels, en neergekniel, met Oliver Cowdery, in plegtige en stille gebed. Nadat ons opgestaan het na die gebed, is die volgende visioen aan ons getoon.”

1–10, Die Here Jehova verskyn in heerlikheid en aanvaar die Kirtland-tempel as sy huis; 11–12, Moses en Elías verskyn albei en dra hulle sleutels en tydvakke oor; 13–16, Elía keer terug en dra die sleutels van sy tydvak oor soos beloof deur Maleági.

1 Die asluier is van ons verstand weggeneem, en die b van ons begrip is geopen.

2 Ons het die Here gesien op die borswering van die kansel staan, voor ons; en onder sy voete was ’n plaveisel van suiwer goud, van kleur soos amber.

3 Sy a was soos ’n vuurvlam; die hare van sy hoof was wit soos suiwere sneeu; sy bgelaat het geblink bó die helderheid van die son; en sy cstem was soos die klank van ruisende groot waters, naamlik die stem van dJehova, wat sê:

4 Ek is die aeerste en die laaste; Ek is Hy wat bleef, Ek is Hy wat gedood was; Ek is julle cVoorspraak by die Vader.

5 Kyk, julle sondes is julle avergewe; julle is skoon voor My; daarom, hef op julle hoofde en verbly julle.

6 Laat die harte van julle broers hulle verbly, en laat die harte van my hele volk hulle verbly, wat, met hulle mag, hierdie huis vir my Naam agebou het.

7 Want kyk, Ek het hierdie ahuis baanvaar, en my Naam sal daar wees; en Ek sal myself aan my volk openbaar in barmhartigheid in hierdie huis.

8 Ja, Ek sal averskyn aan my diensknegte, en met hulle spreek met my eie stem, indien my volk my gebooie sal onderhou, en nie hierdie bheilige huis cbesoedel nie.

9 Ja die harte van duisende en tienduisende sal hul grootliks verbly as gevolg van die aseëninge wat uitgestort sal word, en die bbegiftiging waarmee my diensknegte begiftig is in hierdie huis.

10 En die roem van hierdie huis sal versprei na vreemde lande; en dit is die begin van die seëning wat auitgestort sal word op die hoofde van my volk. Dit is so. Amen.

11 Nadat hierdie avisioen beëindig het, is die hemele weer vir ons geopen; En bMoses het voor ons verskyn, en die csleutels oorgedra van die dversameling van Israel van die vier hoeke van die aarde, en die lei van die tien stamme van die land van die enoorde.

12 En hierna het aElías verskyn, en die btydvak van die cevangelie van Abraham oorgedra, en gesê dat in ons en ons saad alle geslagte na ons geseën sal word.

13 Nadat hierdie visioen beëindig het, is ’n ander groot en wonderlike visioen aan ons getoon; want aElía die profeet, wat bopgeneem is na die hemel sonder om die dood te smaak, het voor ons gestaan en gesê:

14 Kyk, die tyd het ten volle gekom, wat gespreek is by monde van Maleági—wat getuig het dat hy [Elía] gestuur sou word, voor die groot en vreeslike dag van die Here kom—

15 Om die harte van die vaders te akeer na die kinders, en die kinders na die vaders, sodat die hele aarde nie getref word met ’n vloek nie—

16 Daarom, die sleutels van hierdie tydvak word in julle hande oorgedra; en hierdeur mag julle weet dat die groot en vreeslike adag van die Here naby is, en wel voor die deur.