Skrifture
Leer en Verbonde 54


Afdeling 54

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan Newel Knight, te Kirtland, Ohio, 10 Junie 1831. Lede van die Kerk wat in Thompson, Ohio gewoon het, was verdeeld oor vrae wat te make het met die toewyding van besittings. Selfsug en hebsug is geopenbaar. Na sy sending na die Shakers (sien die opskrif van afdeling 49), het Leman Copley sy verbond verbreek om sy groot plaas toe te wy as ’n plek van erfenis vir die Heiliges wat van Colesville, New York aankom. As ’n gevolg, het Newel Knight (leier van die lede wat in Thompson gewoon het), en ander ouderlinge na die Profeet gekom om te vra hoe om op te tree. Die Profeet het by die Here navraag gedoen en hierdie openbaring ontvang wat die lede in Thompson gebied om Leman Copley se plaas te verlaat en na Missouri te reis.

1–6, Die Heiliges moet die evangeliese verbond onderhou om barmhartigheid te ontvang; 7–10, Hulle moet geduldig wees in beproewing.

1 Kyk, so sê die Here, naamlik aAlfa en Omega, die begin en die einde, naamlik Hy wat bgekruisig is vir die sondes van die wêreld.

2 Kyk, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, my dienskneg Newel Knight, jy sal vasstaan in die amp waarin Ek jou aangestel het.

3 En as jou broers begeer om te ontsnap van hulle vyande, laat hulle bekeer van al hulle sondes, en waarlik anederig word voor my en verslae.

4 En omdat die averbond wat hulle met My gesluit het verbreek is, net so het dit bwaardeloos en kragteloos geword.

5 En wee hom deur wie hierdie aoortreding kom, want dit sou beter vir hom gewees het as hy in die diepte van die see verdrink het.

6 Maar geseënd is hulle wat die verbond onderhou en die gebod nagekom het, want hulle sal abarmhartigheid ontvang.

7 Daarom, gaan nou heen en vlug uit die land, sodat julle vyande nie op julle neerkom nie; en onderneem julle reis, en stel aan wie julle wil om jul leier te wees, en om betalings vir julle te doen.

8 En so sal julle jul reis onderneem in die streke weswaarts, na die land aMissouri, na die grense van die Lamaniete.

9 En nadat julle jul reis voltooi het, kyk Ek sê vir julle, soek om ’n abestaan te maak soos ander mense, tot Ek ’n plek vir julle berei.

10 En verder, wees ageduldig in verdrukking tot Ek bkom; en kyk, Ek kom spoedig, en my beloning is met My, en hulle wat my vroeg cgesoek het, sal drus vind vir hulle siele. Dit is so. Amen.