Skrifture
Leer en Verbonde 131


Afdeling 131

Onderrig deur Joseph Smith die Profeet, gegee te Ramus, Illinois, 16 en 17 Mei 1843.

1–4, Die selestiale huwelik is noodsaaklik vir verheffing in die hoogste hemel; 5–6, Hoe die mens tot die ewige lewe verseël word, word verduidelik; 7–8, Alle gees is materie.

1 In die aselestiale heerlikheid is daar drie hemele of grade;

2 En om die ahoogste te bereik, moet ’n mens tot hierdie orde van die priesterskap toetree [bedoelende die bnuwe en ewigdurende verbond van die huwelik];

3 Indien hy dit nie doen nie, kan hy dit nie bereik nie.

4 Hy mag die ander binnegaan, maar dit is die einde van sy koninkryk; hy kan nie ’n avermeerdering hê nie.

5 (17 Mei 1834.) Die meer vaste woord van aprofesie beteken dat ’n mens weet dat hy bverseël is tot die cewige lewe, deur openbaring en die gees van profesie, deur die mag van die Heilige Priesterskap.

6 Dit is onmoontlik vir ’n mens om in aonkunde bgered te word.

7 Daar is nie iets soos onstoflike materie nie. Alle agees is materie, maar dit is fyner of suiwerder, en kan slegs onderskei word deur breiner oë.

8 Ons kan dit nie sien nie; maar wanneer ons liggame gereinig word, sal ons sien dat dit alles materie is.