Skrifture
Leer en Verbonde 42


Afdeling 42

Openbaring gegee in twee dele deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 9 en 23 Februarie 1831. Die eerste deel, bestaande uit verse 1 tot 72, is ontvang in die teenwoordigheid van twaalf ouderlinge en ter vervulling van die Here se belofte wat vroeër gemaak is dat die “wet” gegee sou word in Ohio (sien afdeling 38:32). Die tweede deel bestaan uit verse 73 tot 93. Die Profeet omskryf hierdie openbaring as “behelsende die wet van die Kerk”.

1–10, Die ouderlinge word geroep om die evangelie te predik, bekeerlinge te doop, en om die Kerk op te bou; 11–12, Hulle moet geroep en geordineer word en moet die beginsels van die evangelie onderrig wat in die skrifture gevind word; 13–17, Hulle moet onderrig en profeteer deur die krag van die Gees; 18–29, Die Heiliges word gebied om nie te moor, te steel, te lieg, wellustig te wees, owerspel te pleeg, of kwaad te spreek van andere nie; 30–39, Wette wat die toewyding van besittings beheer word uiteengesit; 40–42, Hoogmoed en luiheid word veroordeel; 43–52, Die siekes moet genees word deur salwings en deur geloof; 53–60, Die skrifture reguleer die Kerk en moet verkondig word aan die wêreld; 61–69, Die ligging van die Nuwe Jerusalem en die verborgenhede van die koninkryk sal geopenbaar word; 70–73, Toegewyde besittings moet aangewend word om Kerkbeamptes te ondersteun; 74–93, Wette wat ontug, egbreuk, moord, diefstal en die belyding van sondes beheer, word uiteengesit.

1 Slaan ag, o julle ouderlinge van my kerk, wat julleself vergader het in my Naam, naamlik Jesus Christus die Seun van die Lewende God, die Saligmaker van die wêreld; in soverre julle in my Naam glo en my gebooie onderhou.

2 Weer sê Ek vir julle, slaan ag en hoor en gehoorsaam die awet wat Ek aan julle sal gee.

3 Want voorwaar, Ek sê, aangesien julle julself vergader het ooreenkomstig die agebod waarmee julle gebied is, en ooreenstem baangaande hierdie een ding, en die Vader gevra het in my Naam, net so sal julle ontvang.

4 Kyk, voorwaar, Ek sê vir julle, Ek gee aan julle hierdie eerste gebod, dat julle sal uitgaan in my Naam, elkeen van julle, behalwe my diensknegte Joseph Smith, Jr., en Sidney Rigdon.

5 En Ek gee aan hulle ’n gebod dat hulle sal uitgaan vir ’n kort tydjie, en dit sal gegee word deur die krag van die aGees wanneer hulle sal terugkeer.

6 En julle sal uitgaan in die krag van my Gees, en my evangelie predik, atwee-twee, in my Naam, en julle stemme verhef soos met die klank van ’n trompet, en my woord verklaar soos engele van God.

7 En julle sal uitgaan, en doop met water, en sê: Bekeer julle, bekeer julle, want die koninkryk van die hemel is op hande.

8 En vanaf hierdie plek sal julle uitgaan na die streke weswaarts; en in soverre julle diegene sal vind wat julle wil ontvang, sal julle my kerk opbou in elke streek—

9 Tot die tyd sal kom wanneer dit vir julle geopenbaar word van omhoog, wanneer die astad van die bNuwe Jerusalem voorberei sal word, sodat julle cversamel mag word in een, sodat julle my dvolk mag wees en Ek sal julle God wees.

10 En verder, Ek sê vir julle, dat my dienskneg aEdward Partridge sal staan in die amp waarin Ek hom aangestel het. En dit sal gebeur, dat as hy oortree, ’n bander aangestel sal word in sy plek. Dit is so. Amen.

11 Verder sê Ek vir julle, dat dit nie aan enigeen gegee sal word om uit te gaan om my evangelie te apredik, of om my kerk op te bou nie, tensy hy bgeordineer word deur iemand wat cgesag het, en dit is bekend aan die kerk dat hy gesag het en behoorlik geordineer is deur die hoofde van die kerk.

12 En verder, die aouderlinge, priesters en leraars van hierdie kerk moet die beginsels van my evangelie bonderrig, wat in die cBybel en die dBoek van Mormon is, waarin die volheid van die eevangelie is.

13 En hulle sal die averbonde en die kerk se artikels onderhou om hulle te doen, en dié sal hul leringe wees, soos hulle gelei sal word deur die Gees.

14 En die Gees sal aan julle gegee word deur die agebed van geloof; en as julle nie die bGees ontvang nie, sal julle nie onderrig nie.

15 En dit alles sal julle nastreef om te doen soos Ek julle gebied het aangaande julle lering, tot die volheid van my askrifture gegee is.

16 En wanneer julle jul stemme sal verhef deur die aTrooster, sal julle spreek en profeteer soos Ek goeddink;

17 Want, kyk, die Trooster weet alle dinge, en lewer getuienis van die Vader en van die Seun.

18 En nou, kyk, Ek spreek tot die kerk. Jy sal nie adoodslaan nie; en hy wat bdoodslaan sal nie vergifnis hê in hierdie wêreld nie, nóg in die komende wêreld.

19 En verder, Ek sê, jy sal nie doodslaan nie; maar hy wat doodslaan sal asterf.

20 Jy sal nie asteel nie; en hy wat steel en nie wil bekeer nie sal uitgewerp word.

21 Jy sal nie alieg nie; hy wat lieg en nie wil bekeer nie, sal uitgewerp word.

22 Jy sal jou vrou aliefhê met jou hele hart, en sal haar baankleef en niemand anders nie.

23 En hy wat na ’n vrou kyk om haar te abegeer sal die geloof verloën, en sal nie die Gees hê nie; en as hy nie bekeer nie, sal hy uitgewerp word.

24 Jy sal nie aegbreuk pleeg nie; en hy wat egbreuk pleeg, en nie bekeer nie, sal uitgewerp word.

25 Maar hy wat egbreuk gepleeg het en abekeer met sy hele hart, en dit versaak, en dit nie weer doen nie, sal jy bvergewe.

26 Maar as hy dit aweer doen, sal hy nie vergewe word nie, maar sal uitgewerp word.

27 Jy sal nie akwaadspreek van jou naaste nie, nóg hom enige skade aandoen.

28 Jy weet dat my wette aangaande hierdie dinge gegee is in my skrifture; hy wat sondig en nie bekeer nie, sal auitgewerp word.

29 As jy My aliefhet, sal jy My bdien en al my gebooie conderhou.

30 En kyk, jy sal die aarmes onthou, en van jou besittings btoewy vir hulle conderhoud, dit wat jy het om met hulle te deel, met ’n verbond en ’n akte wat nie verbreek kan word nie.

31 En in soverre julle van julle besittings agee aan die barmes, sal julle dit aan My doen; en hulle sal gelê word voor die cbiskop van my kerk en sy raadgewers, twee van die ouderlinge, of hoëpriesters, wat hy sal aanstel of aangestel het en dafgesonder het vir daardie doel.

32 En dit sal gebeur, dat nadat hulle voor die biskop van my kerk gelê is, en nadat hy hierdie getuienisse ontvang het aangaande die atoewyding van die besittings van my kerk, dat hulle nie van die kerk geneem kan word nie, ooreenkomstig my gebooie, sal elkeen bverantwoordbaar gemaak word voor My, ’n crentmeester oor sy eie besittings, of dit wat hy ontvang het deur toewyding, soveel as wat genoeg is vir hom en sy dgesin.

33 En verder, as daar besittings sal wees in die hande van die kerk, of enige individue daarvan, meer as wat nodig is vir hulle onderhoud na hierdie eerste toewyding, wat ’n aoorblyfsel is, wat toegewy moet word aan die biskop, sal dit gehou word om te gee aan diegene wat nie het nie, van tyd tot tyd, sodat elkeen wat nodig het genoegsaam voorsien mag word en ontvang volgens sy behoeftes.

34 Daarom, die oorblyfsel sal gehou word in my voorraadskuur, om te gee aan die armes en die behoeftiges, soos bepaal deur die hoëraad van die kerk, en die biskop en sy raad;

35 En vir die doel om land te koop vir die algemene voordeel van die kerk, en die bou van huise van aanbidding, en die opbou van die aNuwe Jerusalem wat hierna geopenbaar sal word—

36 Sodat my verbondsvolk versamel mag word in een op daardie dag wanneer Ek na my atempel sal bkom. En dit doen Ek vir die heil van my volk.

37 En dit sal gebeur, dat hy wat sondig en nie bekeer nie, auitgewerp sal word uit die kerk, en sal nie weer dit ontvang wat hy btoegewy het aan die armes en die behoeftiges van my kerk nie, of met ander woorde, aan My nie—

38 Want in soverre julle dit adoen aan die geringste van hierdie, doen julle dit aan My.

39 Want dit sal gebeur, dat dit wat Ek gespreek het by monde van my profete sal vervul word; want Ek sal van die rykdomme toewy van diegene onder die nie-Jode wat my evangelie omhels, aan die armes van my volk wat van die huis van Israel is.

40 En verder, jy sal nie ahoogmoedig wees in jou hart nie; laat al jou bkleding eenvoudig wees, en hulle skoonheid, die skoonheid van die werk van jou eie hande;

41 En laat alle dinge gedoen word in reinheid voor My.

42 Jy sal nie alui wees nie, want hy wat lui is sal nie die brood eet nóg die klere dra van die arbeider.

43 En wie ook al onder julle asiek is, en nie geloof het om genees te word nie, maar glo, sal versorg word met alle teerheid, met kruie en ligte kos, en dit nie deur die hand van die vyand nie.

44 En die ouderlinge van die kerk, twee of meer, sal geroep word, en sal bid vir en hulle ahande lê op hulle in my Naam; en as hulle sterwe, sal hulle bsterwe vir My, en as hulle lewe, sal hulle lewe vir My.

45 Julle sal asaamleef in bliefde, in soverre dat julle sal cween vir die verlies van hulle wat sterwe, en meer spesifiek vir diegene wat geen dhoop het op ’n glorieryke opstanding nie.

46 En dit sal gebeur dat diegene wat in my sterwe nie die adood sal smaak nie, want dit sal bsoet wees vir hulle;

47 En hulle wat nie in my sterwe nie, wee hulle, want hulle dood is bitter.

48 En verder, dit sal gebeur dat hy wat ageloof het in my om bgenees te word, en nie cbestem is tot die dood nie, sal genees word.

49 Hy wat geloof het om te sien sal sien.

50 Hy wat geloof het om te hoor sal hoor.

51 Die verlamde wat geloof het om te spring sal spring.

52 En hulle wat nie geloof het om hierdie dinge te doen nie, maar in My glo, het krag om my aseuns te word; en in soverre hulle nie my wette oortree nie, sal julle hul swakhede bdra.

53 Jy sal staan in die plek van jou arentmeesterskap.

54 Jy sal nie jou broer se kledingstuk neem nie; jy sal betaal vir dit wat jy sal ontvang van jou broer.

55 En as jy meer averkry as wat jy nodig het vir jou onderhoud, sal jy dit bring in my bvoorraadskuur, dat alle dinge gedoen mag word volgens dit wat Ek gesê het.

56 Jy sal vra, en my askrifture sal gegee word soos Ek aangedui het, en hulle sal bbewaar word in veiligheid;

57 En dit is raadsaam dat jy sal swyg aangaande hulle, en hulle nie onderrig nie tot julle hulle ten volle ontvang het.

58 En Ek gee aan julle ’n gebod dat julle hulle dan sal onderrig aan alle mense; want hulle sal onderrig word aan aalle nasies, stamme, tale en volke.

59 Jy sal die dinge neem wat jy ontvang het, wat aan jou gegee is in my skrifture as ’n wet, om my wet te wees om my kerk te beheer.

60 En hy wat ahandel volgens hierdie dinge sal gered word, en hy wat hulle nie doen nie sal bverdoem word as hy so aanhou.

61 As jy sal vra, sal jy openbaring op aopenbaring ontvang, kennis op bkennis, sodat jy die cverborgenhede en dvredige dinge mag weet—dit wat evreugde bring, dit wat die ewige lewe bring.

62 Jy sal vra, en dit sal geopenbaar word aan jou in my eie bepaalde tyd waar die aNuwe Jerusalem gebou sal word.

63 En kyk, dit sal gebeur dat my diensknegte uitgestuur sal word na die ooste en na die weste, na die noorde en na die suide.

64 En selfs nou, laat hom wat gaan na die ooste hulle onderrig wat bekeer sal word om te vlug na die aweste, en dit as gevolg van dit wat kom oor die aarde, en vanweë bgeheime organisasies.

65 Kyk, jy sal al hierdie dinge onderhou, en groot sal jou loon wees; want aan julle is gegee om die verborgenhede van die koninkryk te ken, maar aan die wêreld is dit nie gegee om hulle te ken nie.

66 Julle sal die wette onderhou wat julle ontvang het en getrou wees.

67 En julle sal hierna akerkverbonde ontvang, wat voldoende sal wees om julle te vestig, beide hier en in die Nuwe Jerusalem.

68 Daarom, hy wat awysheid kortkom, laat hom vir My vra, en Ek sal hom mildelik gee en hom nie verwyt nie.

69 Hef op julle harte en verbly julle, want aan julle is die akoninkryk, of met ander woorde, die bsleutels van die kerk gegee. Dit is so. Amen.

70 Die apriesters en bleraars sal hulle crentmeesterskappe hê, net soos die ander lede.

71 En die ouderlinge of hoëpriesters wat aangestel word om die biskop by te staan as raadgewers in alle dinge, moet ondersteuning vir hulle families ontvang uit die besittings wat atoegewy is aan die biskop, tot die voordeel van die armes, en vir ander doeleindes, soos voorheen gemeld.

72 Of hulle moet ’n billike vergoeding ontvang vir al hulle dienste, of ’n rentmeesterskap of andersins, soos goedgedink of besluit deur die raadgewers en die biskop.

73 En die biskop, ook, sal sy onderhoud ontvang, of ’n billike vergoeding vir al sy dienste in die kerk.

74 Kyk, voorwaar, Ek sê vir julle, dat watter persone onder julle, wat hul metgeselle geskei het vanweë aontug, of met ander woorde, as hulle sal getuig voor julle in alle nederigheid van hart dat dit die geval is, sal julle hulle nie uitwerp onder julle nie.

75 Maar as julle sal uitvind dat enige persone hul metgeselle verlaat het vanweë aegbreuk, en hulle self is die oortreders, en hul metgeselle lewe, sal hulle buitgewerp word onder julle.

76 En verder, Ek sê vir julle, dat julle awaaksaam en versigtig sal wees, met deeglike navrae, sodat julle nie sulke mense ontvang onder julle as hulle getroud is nie;

77 En as hulle nie getroud is nie, sal hulle bekeer van al hulle sondes andersins sal julle hulle nie ontvang nie.

78 En verder, elke persoon wat behoort aan hierdie kerk van Christus, sal poog om al die gebooie en verbonde van die kerk te onderhou.

79 En dit sal gebeur, dat indien enige persone onder julle sal adoodslaan, sal hulle uitgelewer word en mee gehandel word volgens die wette van die land; want onthou dat hy geen vergifnis het nie; en dit sal bewys word ooreenkomstig die wette van die land.

80 En indien enige man of vrou egbreuk sal pleeg, sal hy of sy verhoor word deur twee ouderlinge van die kerk, of meer, en elke woord sal bevestig word teen hom of haar deur twee getuies van die kerk, en nie van die vyand nie; maar indien daar meer as twee getuies is, is dit beter.

81 Maar hy of sy sal veroordeel word by monde van twee getuies; en die ouderlinge sal die saak voor die kerk lê, en die kerk sal hulle hande ophef teen hom of haar, sodat daar met hulle gehandel mag word volgens die wet van God.

82 En indien moontlik, is dit noodsaaklik dat die biskop ook teenwoordig moet wees.

83 En so sal julle doen in alle sake wat voor julle sal kom.

84 En indien ’n man of ’n vrou sal roof, sal hy of sy uitgelewer word aan die wet van die land.

85 En as hy of sy sal asteel, sal hy of sy uitgelewer word aan die wet van die land.

86 En as hy of sy sal alieg, sal hy of sy uitgelewer word aan die wet van die land.

87 En indien hy of sy enige soort ongeregtigheid pleeg, sal hy of sy uitgelewer word aan die wet, naamlik dié van God.

88 En indien jou abroer of suster bteen jou sondig, sal jy hom of haar neem tussen hom of haar en jou alleen; en indien hy of sy cbely, sal julle versoen word.

89 En as hy of sy nie bely nie, sal jy hom of haar oorlewer aan die kerk, nie aan die lede nie, maar aan die ouderlinge. En dit sal gedoen word in ’n vergadering, en dit nie voor die wêreld nie.

90 En indien jou broer of suster sondig teen vele, sal hy of sy voor vele agetugtig word.

91 En indien enigeen in die openbaar sondig, sal hy of sy in die openbaar bestraf word, sodat hy of sy beskaam mag word. En indien hy of sy nie bely nie, sal hy of sy uitgelewer word aan die wet van God.

92 Indien enigeen in die geheim sondig, sal hy of sy in die geheim bestraf word, sodat hy of sy die geleentheid mag hê om in die geheim te bely aan hom of haar teen wie hy of sy gesondig het, en aan God, sodat die kerk nie verwytend van hom of haar sal spreek nie.

93 En so sal julle handel in alle dinge.