Studiehulp
Skrifture


Skrifture

Woorde, beide geskryf en gespreek deur heilige manne van God wanneer hulle geïnspireer is deur die Heilige Gees. Die amptelike gekanoniseerde skrifture van die Kerk bestaan vandag uit die Bybel, Die Boek van Mormon, Leer en Verbonde en Pêrel van Groot Waarde. Jesus en die skrywers van die Nuwe Testament het die boeke van die Ou Testament beskou as skrifture (Matt. 22:29; Joh. 5:39; 2 Tim. 3:15; 2 Petr. 1:20–21). Sien ook Kronologie in die bylae.

Verlore skrifture

Daar is baie heilige geskrifte wat in die skrifture genoem word wat ons nie vandag het nie, waaronder die volgende boeke en skrywers genoem word: die verbond (Ex. 24:7), die oorloë van die Here (Núm. 21:14), die Opregte (Jos. 10:13; 2 Sam. 1:18), die geskiedenisboek van Salomo (1 Kon. 11:41), Samuel die siener (1 Kron. 29:29), Natan die profeet (2 Kron. 9:29), Semája die profeet (2 Kron. 12:15), Iddo die profeet (2 Kron. 13:22), Jehu (2 Kron. 20:34), die verhale van die sieners (2 Kron. 33:19), Henog (Judas 1:14) en die woorde van Zenok, Neüm en Zenos (1 Ne. 19:10), Zenos (Jakob 5:1), Zenok en Esias (Hel. 8:20), en ’n boek van herinnering (Moses 6:5); en briewe aan die Korinthiërs (1 Kor. 5:9), aan die Efesiërs (Efés. 3:3), van Laodiceá (Kol. 4:16), en van Judas (Judas 1:3).

Skrifture wat bewaar moet word

Waarde van die skrifture

Skrifture wat geprofeteer is om te voorskyn te kom