Studiehulp
Dan


Dan

In die Ou Testament, ’n seun van Jakob en Bilha, Ragel se slavin (Gén. 30:5–6).

Die stam van Dan

Sien Génesis 49:16–18 vir Jakob se seën oor Dan. Sien Deuteronómium 33:22 vir Moses se seën oor die stam van Dan. Nadat hulle hul in Kanaän gevestig het, het die stam van Dan ’n klein maar uitermate vrugbare stuk land ontvang (Jos. 19:40–48). Hulle kon dit slegs met groot moeite beskerm teen die Amoriete (Rigt. 1:34) en teen die Filistyne (Rigt. 13:2, 25; 18:1), met die gevolg dat die Daniete noord van Palestina verskuif het (Rigt. 18), rondom Lais en het daardie stad hernoem na Dan. Hierdie stad is welbekend as die noordelike grens van Palestina, wat gestrek het “van Dan tot Berseba.”