Studiehulp
Sinagoge


Sinagoge

’n Vergaderplek wat gebruik is vir godsdienstige doeleindes. In Nuwe Testamentiese tye was die meublement oor die algemeen eenvoudig, en het bestaan uit ’n kis wat die rolle van die wet en ander heilige geskrifte, ’n lessenaar vir lees en sitplekke vir die aanbidders bevat het.

’n Plaaslike raad van oudstes het elke sinagoge bestuur. Hulle het besluit wie toegelaat moes word en wie geban moes word (Joh. 9:22; 12:42). Die belangrikste beampte was die owerste van die sinagoge (Mark. 5:22; Lk. 13:14). Hy was oor die algemeen ’n skrifgeleerde, het na die gebou omgesien en het oor die dienste toesig gehou. ’n Dienaar het klerklike pligte uitgevoer (Lk. 4:20).

Daar was ’n sinagoge in elke dorp waar Jode gewoon het, beide in Palestina en elders. Dit was ’n groot hulp met die verspreiding van die evangelie van Jesus Christus omdat vroeë sendelinge van die Kerk gewoonlik toegelaat was om in die sinagoges te spreek (Hand. 13:5, 14; 14:1; 17:1, 10; 18:4). Dieselfde praktyk het onder die sendelinge in die Boek van Mormon bestaan (Alma 16:13; 21:4–5; 32:1) asook onder vroeë sendelinge in hierdie tydvak (L&V 66:7; 68:1).