Studiehulp
Timótheüs


Timótheüs

In die Nuwe Testament, ’n jong sendingmetgesel van Paulus gedurende Paulus se sending (Hand. 16:1–3; 2 Tim. 1:1–5); die seun van ’n Griekse vader en Joodse moeder; hy en sy ouers het in Listre gewoon.

Paulus het van Timótheüs gepraat as “sy ware kind in die geloof” (1 Tim. 1:2, 18; 2 Tim. 1:2). Timótheüs was waarskynlik Paulus se betroubaarste en bekwaamste helper (Filip. 2:19–23).