Studiehulp
Evangelies


Evangelies

Die vier kronieke of getuies van Jesus se aardse lewe en die gebeurtenisse betreffende sy bediening soos bevat in die eerste vier boeke van die Nuwe Testament. Hulle is geskryf deur Matthéüs, Markus, Lukas en Johannes en is opgetekende getuienisse van Christus se lewe. Die boek van 3 Nefi in die Boek van Mormon is in baie opsigte soortgelyk aan hierdie vier Nuwe Testamentiese Evangelies.

Die boeke van die Nuwe Testament is oorspronklik in Grieks geskryf. Die Griekse woord vir evangelie beteken “goeie nuus.” Die goeie nuus is dat Jesus Christus ’n versoening gedoen het wat die hele mensdom sal verlos van die dood en elke individu sal beloon volgens sy werke (Joh. 3:16; Rom. 5:10–11; 2 Ne. 9:26; Alma 34:9; L&V 76:69).

Sien ook Ooreenstemming van die Evangelies in die Bylae.