Studiehulp
Seuns van die Verderf


Seuns van die Verderf

Die volgelinge van Satan wat saam met hom in die ewigheid sal ly. Seuns van die verderf sluit in (1) diegene wat Satan gevolg het gedurende hul vooraardse bestaan en uit die hemel gewerp is as gevolg van rebellie en (2) diegene wat toegelaat is om gebore te word in hierdie wêreld met fisiese liggame maar daarna Satan gedien het en geheel en al teen God gedraai het. Diegene in hierdie tweede groep sal opstaan uit die dode maar sal nie verlos word van die tweede (geestelike) dood nie en kan nie in ’n koninkryk van heerlikheid woon nie (L&V 88:32, 35).