Studiehulp
Timótheüs, Sendbriewe aan


Timótheüs, Sendbriewe aan

Twee boeke in die Nuwe Testament. Beide was oorspronklik briewe wat Paulus aan Timótheüs geskryf het.

1 Timótheüs

Paulus het die eerste sendbrief geskryf na sy eerste gevangeneskap. Hy het vir Timótheüs agtergelaat by Éfese met die bedoeling om weer daarna terug te keer (1 Tim. 3:14). Paulus het egter gevoel dat hy vertraag mag word, daarom het hy aan Timótheüs geskryf, moontlik vanaf Macedónië (1 Tim. 1:3) om hom raad te gee en aan te moedig om sy pligte te vervul.

Hoofstuk 1 bevat Paulus se begroeting en ook sy onderwysing oor dwase spekulasies wat die Kerk begin binnedring het. Hoofstuk 2–3 handel oor openbare aanbidding en omtrent die aard en gedrag van bedienaars. Hoofstuk 4–5 bevat ’n beskrywing van die afvalligheid van die laaste dae en raad aan Timótheüs oor hoe om diegene te dien wat hy lei. Hoofstuk 6 is ’n aansporing om getrou te wees en om wêreldse rykdomme te vermy.

2 Timótheüs

Paulus het die tweede brief geskryf gedurende sy tweede gevangeneskap, kort voor sy marteldood. Dit bevat die Apostel se laaste woorde en toon die wonderlike moed en vertroue waarmee hy die dood tegemoet gegaan het.

Hoofstuk 1 bevat Paulus se begroeting en opdrag aan Timótheüs. Hoofstuk 2–3 gee verskeie waarskuwings en aanwysings, met ’n aansporing om die gevare wat voorlê, die hoof te bied. Hoofstuk 4 is ’n boodskap aan Paulus se vriende, wat raad bevat oor hoe om afvalliges te hanteer.