Studiehulp
Enos, Seun van Jakob


Enos, Seun van Jakob

’n Nefitiese profeet in die Boek van Mormon wat die kronieke bygehou het en wat gebid het vir en ’n vergifnis van sy sondes ontvang het deur sy geloof in Christus (Enos 1:1–8). Die Here het ’n verbond gesluit met Enos om die Boek van Mormon uit te bring na die Lamaniete (Enos 1:15–17).

Die boek van Enos

’n Boek in die Boek van Mormon. Die Here het hom belowe dat die Boek van Mormon bewaar sou word en beskikbaar gestel sou word aan die Lamaniete in die toekoms. Hoewel die boek net een hoofstuk bevat, gee dit ’n verslag van die kragtige verhaal van ’n man wat sy God gesoek het in gebed, gehoorsaam geleef het aan God se gebooie en voor sy dood hom verheug het in sy kennis van die Verlosser.