Studiehulp
Besnydenis


Besnydenis

Die teken van die verbond van Abraham vir manlike Israeliete gedurende die Ou Testamentiese tydvak (Gén. 17:10–11, 23–27; JSV, Gén. 17:11 [Bylae]). Besnydenis is uitgevoer deur die “vlees van die voorhuid” af te sny van manlike babas en volwassenes. Diegene wat dit ontvang het, het die voorregte geniet en het die verantwoordelikhede aanvaar van die verbond. Besnydenis as ’n teken van die verbond is weggedoen deur Christus se sending (Moro. 8:8; L&V 74:3–7).