Studiehulp
Tempel, Huis van die Here


Tempel, Huis van die Here

Letterlik die huis van die Here. Die Here het altyd sy volk beveel om tempels te bou, heilige geboue waarin waardige Heiliges gewyde seremonies en ordinansies van die evangelie vir hulleself en vir die dooies kan uitvoer. Die Here besoek sy tempels, en hulle is die heiligste van alle plekke van aanbidding.

Die tabernakel wat deur Moses en die kinders van Israel opgerig is, was ’n draagbare tempel. Die Israeliete het dit gebruik gedurende hulle uittog uit Egipte.

Die bekendste tempel wat in die Ou Testament genoem word is die een wat deur Salomo in Jerusalem gebou is (2 Kron. 2–5). Dit is in 587 v.C. vernietig deur die Babiloniërs en is ongeveer 70 jaar later deur Serubbábel herstel (Esra 1–6). ’n Gedeelte van hierdie tempel is afgebrand in 37 v.C. en Herodes die Grote het dit later herbou. Die Romeine het die tempel in 70 n.C. vernietig.

In die Boek van Mormon is die regverdige volgelinge van God gelei om tempels te bou en daarin te aanbid (2 Ne. 5:16; Mosia 1:18; 3 Ne. 11:1). Om ’n tempel te bou en dit behoorlik te gebruik is tekens van die ware Kerk in enige tydvak, insluitende die herstelde Kerk in ons dag. Die Kirtland Tempel was die eerste tempel wat gebou en toegewy is tot die Here in hierdie tydvak. Vanaf daardie tyd is tempels in baie lande oor die aarde toegewy.