Studiehulp
Wet


Wet

Die gebooie of reëls van God waarop alle seëninge en strawwe gegrond is, beide in die hemel en op die aarde. Diegene wat die wette van God gehoorsaam, ontvang die beloofde seëninge. Die Profeet Joseph Smith het geleer dat mense ook die wette van die land moet gehoorsaam, eer en onderhou (Gel. Art. 1:12).

Die wet van Moses was ’n voorbereidende wet om mans en vrouens na Christus te bring. Dit was ’n wet van beperkings, voorskrifte, en ordinansies. Vandag is die wet van Christus, wat die wet van Moses vervul het, die volheid van die evangelie of “die volmaakte wet van die vryheid” (Jak. 1:25).