Studiehulp
Geloofsartikels


Geloofsartikels

Dertien basiese punte van geloof waarin lede van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae glo.

Joseph Smith het hulle aanvanklik geskryf in ’n brief aan John Wentworth, redakteur van die Chicago Democrat, in antwoord op sy versoek om te weet waarin lede van die Kerk glo. Die brief het bekend geword as die Wentworth-brief en is die eerste keer uitgegee in die Times and Seasons in Maart 1842. Op 10 Oktober 1880 is die Geloofsartikels amptelik aanvaar as skriftuur deur die stem van die lede van die Kerk en is ingesluit as deel van die Pêrel van Groot Waarde.