Studiehulp
Filippense, Sendbrief aan


Filippense, Sendbrief aan

’n Brief wat Paulus aan die Heiliges in Filippi geskryf het terwyl hy vir die eerste keer ’n gevangene in Rome was. Dit is nou die boek Filippense in die Nuwe Testament.

Hoofstuk 1 bevat Paulus se groete en sy leringe oor eenheid, nederigheid en volharding. In hoofstuk 2 benadruk hy dat almal voor Christus sal buig en dat elke persoon sy eie heil moet uitwerk. In hoofstuk 3 verduidelik Paulus dat hy alle dinge vir Christus opgeoffer het. In hoofstuk 4 het Paulus die Filippynse Heiliges gedank vir hulle bystand.