Studiehulp
Thessalonícense, Sendbriewe aan die


Thessalonícense, Sendbriewe aan die

Twee boeke in die Nuwe Testament. Hulle was oorspronklik briewe wat Paulus aan die Thessaloniërs geskryf het terwyl hy in Korinte was gedurende sy eerste besoek aan Europa in ongeveer 50 n.C. Sy werk in Thessaloníka word beskryf in Hand. 17. Paulus wou terugkeer na Thessaloníka maar is verhinder (1 Thes. 2:18). Hy het daarom vir Timótheüs gestuur om die bekeerlinge op te beur en aan hom te berig oor hoe hulle vaar. Paulus het die eerste sendbrief geskryf as gevolg van sy dankbaarheid oor Timótheüs se terugkeer.

Eerste Thessalonícense

Hoofstukke 1–2 bevat Paulus se begroeting aan en sy gebed vir die Heiliges; in hoofstukke 3–5 leer hy hulle oor geestelike groei, naasteliefde, kuisheid, getrouheid en die Tweede Koms van Jesus Christus.

Tweede Thessalonícense

Hoofstuk 1 bevat ’n gebed vir die Heiliges. Hoofstuk 2 praat oor die komende afvalligheid. Hoofstuk 3 bevat Paulus se gebed vir die oorwinning van die saak van die evangelie.