Studiehulp
Manasse


Manasse

In die Ou Testament, die oudste seun van Ásenat en Josef wat in Egipte verkoop is (Gén. 41:50–51). Hy en sy broer, Efraim, was kleinseuns van Jakob (Israel) maar is deur hom aangeneem en geseën asof hulle sy eie seuns was (Gén. 48:1–20).

Die stam van Manasse

Manasse se afstammelinge was getel onder die stamme van Israel (Núm. 1:34–35; Jos. 13:29–31). Moses se seëninge van die stam van Josef, wat ook aan Efraim en Manasse gegee is, is opgeteken in Deuteronómium 33:13–17. Die land wat aan hulle toegewys was, was gedeeltelik wes van die Jordaan en langs dié van Efraim. Hulle het ook kolonies oos van die Jordaan gehad in die vrugbare weilande van Basan en Gílead. In die laaste dae sal die stam van Manasse die stam van Efraim bystaan om verstrooide Israel bymekaar te maak (Deut. 33:13–17). Die Boek van Mormon profeet Lehi, was ’n afstammeling van Manasse (Alma 10:3).

Druk