Studiehulp
Hoëpriester


Hoëpriester

’n Amp in die priesterskap. Die skrifture verwys na “hoëpriester” in twee betekenisse: (1) ’n amp in die Melgisédekse Priesterskap; en (2) onder die wet van Moses, die presiderende amptenaar van die Aäroniese Priesterskap.

Die eerste betekenis is van toepassing op Jesus Christus as die groot Hoëpriester. Adam en al die patriarge was ook hoëpriesters. Vandag vorm drie presiderende hoëpriesters die Presidensie van die Kerk en presideer oor alle ander priesterskapdraers en Kerklede. Bykomende waardige mans word vandag as hoëpriesters geordineer soos nodig in die Kerk. Hoëpriesters mag geroep, afgesonder, en geordineer word as biskoppe (L&V 68:19; 107:69–71).

In die tweede betekenis, onder die wet van Moses, is die presiderende amptenaar van die Aäroniese Priesterskap die hoëpriester genoem. Die amp was oorerflik en het deur die eersgeborene gekom onder die gesin van Aäron, waarvan Aäron self die eerste hoëpriester was van die Aäroniese orde (Ex. 28–29; Lev. 8; L&V 84:18).