Johannes die Doper Sien ook Aäroniese Priesterskap; Elías Die seun van Sagaría en Elisabet in die Nuwe Testament. Johannes is gestuur om die mense voor te berei om die Messias te ontvang (Joh. 1:19–27). Hy het die sleutels van die Aäroniese Priesterskap gehou en het Jesus Christus gedoop. Jesaja en andere het geprofeteer van Johannes se sending, Jes. 40:3 (Mal. 3:1; 1 Ne. 10:7–10; 2 Ne. 31:4). Was in die gevangenis gewerp en onthoof, Matt. 14:3–12 (Mark. 6:17–29). Gabriël het Johannes se geboorte en sending aan Sagaría bekend gemaak, Lk. 1:5–25. Jesus het geleer dat Johannes die Doper ’n groot profeet was, Lk. 7:24–28. Het Jesus as die Seun van God herken, Joh. 1:29–34. Johannes se dissipels het Jesus se dissipels geword, Joh. 1:25–29, 35–42 (Hand. 1:21–22). Het geen wonderwerke gedoen nie, Joh. 10:41. As ’n herrese wese is hy gestuur om Joseph Smith en Oliver Cowdery te ordineer tot die Aäroniese Priesterskap, L&V 13 (L&V 27:7–8; JS—G 1:68–72). Is deur ’n engel geordineer toe hy agt dae oud was, L&V 84:28.