Studiehulp
Ruben


Ruben

In die Ou Testament, die oudste seun van Jakob en Lea (Gén. 29:32; 37:21–22, 29; 42:22, 37). Hoewel Ruben die eersgeborene was, het hy sy geboortereg verloor as gevolg van sonde (Gén. 35:22; 49:3–4).

Die stam van Ruben

Jakob se seën aan Ruben word in Génesis 49:3 en Deuteronómium 33:6 gevind. Die stam se getalle het stelselmatig verminder en hoewel die stam aangehou het om te bestaan, het dit polities minder belangrik geword. Ruben se geboortereg het na Josef en sy seuns gegaan omdat Josef die eersgebore seun van Jakob se tweede vrou, Ragel, was (1 Kron. 5:1–2).